Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Hy sal dit vir ons ook doen

Pa en kind se voete in nat sand

Vir die eerste keer in meer as 80 jaar* verskyn LiG se redakteursbrief nie in gedrukte formaat nie. Elke maand wanneer ek dié stukkie skryfwerk aanpak, sien ek in my geestesoog hoe ‘n LiG-leser deur ons tydskrif blaai. Tydskrif op die skoot, ‘n bietjie kyk hier en verder lees daar. Daardie gevoel van glansblaaie tussen jou vingers en die subtiele reuk van papier en ink in die lug …

Maar hierdie maand is dit anders.

Nou lees jy, liewe LiG-leser, my redakteursbrief op ‘n skerm. En dit is ook nie die enigste woorde wat jy op ‘n skerm lees in hierdie grendeltyd nie. Ons lees oor COVID-19 wat amper elke mens op hierdie aarde raak. Ons lees boodskappe van vriende en familie, kyk video’s wat aangestuur word. Ons wêreld is skielik ingeperk tot ons huis. En ons skerms.

Wat ‘n vreemde tyd om in te leef, sê ons vir mekaar. En ons is sekerlik nie die eerste mense wat dit vir mekaar sê nie.

Ook Maria, Jesus se ma, moes dit gedink het toe sy hoogswanger na ‘n ander dorp moes gaan sodat sy en Josef aan ‘n landwye volkstelling kon deelneem.

Deur hierdie vreemde, moontlik angswekkende tyd het Maria geleef … en vir die eerste keer ‘n ma geword. Sy het die lewe geskenk, versigtig en onhandig die Kindjie in lappe toegewikkel. Daar was geen nuutgeverfde babakamer of ‘n oorgeërfde kot nie. Ook nie eers ‘n babawiegie wat hulle tydelik kon staanmaak naby hul bed nie. Hulle moes maar sien kom klaar met dit wat hulle gehad het – ‘n stal wat stink van diere, ‘n voerbak leegmaak om hul pasgebore baba in neer te lê.

Hoe onseker en vreemd moes hierdie tyd nie vir Maria gewees het nie!

 

Met Maria se storie het die Here my in grendeltyd keer op keer kom troos. Hy het sy almag en sy sorg kom benadruk deur my aan Maria se omstandighede te herinner. En dan sy Goddelike aandeel in die hele saak vir my kom uitwys.

Hoe onseker of broos die lewe ook al lyk. Hoe die lewe ook al deur omstandighede buite my beheer gebuig en bepaal word, daar is altyd ‘n vastigheid in God. Sy almagtigheid is ons sekuriteit. Sy liefde, genade en oneindige barmhartigheid is ons beskerming. God wat al sy planne rondom Maria verwesenlik het, God wat vir haar vrede en vastigheid gegee het, kan dit vir ons ook doen.


NOG REDAKTEURSBRIEWE

\’n Uitsig

Heel en stukkend


*LiG het die eerste keer in Desember 1937 as Die Voorligter verskyn.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF