Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Kom sit ’n bietjie by My

As die lewe (en moederskap) maar agtergrondmusiek gehad het ... Tog hou ons aan droom. Ons kom dit soms nie eens agter nie, want drome-wat-waar-word is dikwels vermom in alledaagsheid.

DEUR FRANCINE PRINS

Dit was met ’n byna angstige hart dat ek een aand na God uitroep terwyl ek terug dink aan die dag wat verby is. Geen buitengewone dag nie. Geen seldsame gebeurtenis wat gemaak het dat ek so gretig na God uitroep nie. Dit was net op daardie oomblik hierdie skielike versugting: “Here, moenie dat my lewe sinloos wees nie! Gebruik my!”

LEES OOK: Wit vlinders

Ek het verder gesmeek: “Moenie dat my lewe net om myself wentel nie! Moenie dat my lewe tevergeefs wees nie. Vergeef tog my selfsug, my selfgesentreerdheid, my selfbeheptheid …” Amper uitasem het ek die lysie afgerammel. Maar skielik is my woorde gesmoor. Ek het gevoel soos iemand wat nader getrek word in ’n stywe druk en ’n sagte skouer wat my stem stil maak.

Verbouereerd het ek daar getalm. In hierdie omhelsing van stilte. En oneindige barmhartigheid.

Geen antwoorde op my gretige gebed nie. Geen sagte fluistering van wysheid nie. Net ’n paar eenvoudige woorde wat die wind behoorlik uit my seile gevat het:

“Kom sit eers ’n bietjie by My.”

Hierdie windstilte. Hierdie vredige opdrag het my behoorlik van stryk gebring.

“Maar dit kan nie so eenvoudig wees nie!” wou ek uitroep, maar ek het stil gebly. Versigtig om hierdie heilige oomblik te koester.

Nog ’n rukkie van talm het my laat besef hoe moeilik hierdie eenvoudige opdrag van God is. Die makliker deel is die aksie, die doen, die perform. Soos Marta – “sy was baie bedrywig om alles klaar te kry,” skryf Lukas oor haar in die Nuwe Testament.

Dit is Maria wat die moeiliker deel gekies het. Sy het “aan die voete van die Here gaan sit en na sy woorde geluister.” ’n Ooglopend eenvoudige handeling. Maar dit vra baie.

LEES OOK: Vitamien S vir stilte

“Kom sit ’n bietjie by My,” vra jou ore en jou hande. Meer nog, dit vra jou hart. Dit vra dat jy stil word en luister. Kortom, dit vra jou alles. God vra jou alles.

Dis dalk juis hieroor dat iemand wat gereeld by God gaan sit en luister, se lewe nooit betekenisloos sal wees nie. “Kom sit ’n bietjie by My,” is ’n sleutel tot ’n lewe wat saak maak. Dis inderdaad ook een van die beste besluite wat ’n mens kan neem, soos Jesus self gesê het: “Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie” (Luk 10:42).

  • Francine Prins is redakteur van LiG se gedrukte tydskrif en sosiale media. Volg haar skryfwerk by #weeslig en #francineprins.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF