Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Leef ligter-luisterreeks: Lê jou skuldgevoelens voor die kruis neer

MILANIE VOSLOO is ’n skrywer van geestelike boeke, ’n motiveringspreker en ’n sakevrou. In dié splinternuwe luisterreeks wil sy gelowiges aanmoedig om in 2022 ligter te leef. Onderneem gerus vanjaar ’n gewigverliesprogram saam met die Vader.

LUISTER HIER:

Dink vandag verder oor dié dinge wat jou siel en gees swaar maak. Skuldgevoelens oorlaai die skaal van ons hart. Dit wat ons nagelaat het om te doen. Dinge wat ons verkeerd gesê en gedoen het. Die dinge van ons verlede waaraan ons nou niks meer kan doen nie … Ons voel selfs skuldig omdat ons God nie lief genoeg het nie.

Ons dra almal klippe van skuldgevoelens (soms onbewustelik) in ons hart wat ons vreugde steel en ons vrede wegneem.

Dít terwyl ons nie ’n verwytende God het nie, maar ’n God van onbeskryflike genade en liefde. ’n God wat ons net liefhet, ten spyte van wat ons gedoen het.

Die goeie nuus is dat God elke oggend met nuwe genade en met uitgestrekte arms op ons staan en wag.

LEES OOK: Leef ligter-luisterreeks: Probeer vanjaar dié gewigverliesprogram

Dink aan die skuldgevoelens wat jy by hom kan los en pak dit een vir een voor die kruis uit …

Skrywer en motiveringspreker Milanie Vosloo.

Nou kan jy omdraai en wegstap. Wanneer jy later weer ’n draai by die kruis maak, sal alles weg wees. God het vergewe, daarom kan jy ook jouself vergewe.

Sefanja 3:17: “Moenie jou hande moedeloos laat hang nie, die Here jou God is by jou. Hy is vol vreugde oor jou. Hy is stil tevrede in sy liefde vir jou, Hy jubel oor jou.”

* Luister aanstaande Donderdag (17 Februarie) verder na die volgende aflewering van ons Geestelike Gewigverliesprogram.

Bou ’n Toekoms

Belê in ’n Christelike toekomsplan en laat iets aan die volgende generasie van gelowiges na…

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF