Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Ambulans vanaf Namibië na SA – toe wag twee skokke én later twee wonderwerke

Toe Amanda Koch en haar man, Danie, vir ’n toer na Namibië in 2021 vertrek het, het hulle nooit kon dink dat Amanda ’n paar dae later in ’n ambulans na Suid-Afrika sou terugkeer nie.

Amanda het ná hulle eerste nag in ’n gastehuis aan die anderkant van die Suid-Afrikaanse grens, met onuithoudbare pyn wakker geword. Vir die volgende twee dae was sy op ’n matras op die grond en kon glad nie meer loop nie. 

Haar dogter Rozelle moes vir haar ’n private ambulans vanuit Suid-Afrika reël wat haar op die grens opgelaai het.

Kyk hierbo na Amanda se volle video-getuienis. Klik hier om nog sulke getuienisse te ontvang deur te subscribe.

“My man het die ambulans in ons voertuig gevolg. Op Springbok het dr Adriana Kotzé my weer gestabiliseer, en so mooi vir my gebid. Daarna was dit Somerset-Wes toe, na Mediclinic Vergelegen,” vertel Amanda.

En toe wag twee groot skokke. Eerstens dat sy verlam is vanaf haar borste tot by haar voete. Tweedens dat sy beenmurgkanker het. 

Maar, getuig Amanda, God het wonderwerke in haar lewe kom doen.

  • Klik hier om na Amanda se volle video-getuienis te luister.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.