Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Bevind jy jou in ’n \’suurlemoenseisoen\’?

Vrou kyk na sonsondergang

DEUR AMANDA DE LANGE

Vasgekeer?  

Moenie bang wees nie, dié wat by ons is, is meer as wat hulle is.2 Konings 6:16.

Hulle het my omsingel soos bye …” (Ps 118:12, 1953-vertaling).  

Is dit nie presies hoe dit soms voel wanneer die lewe jou oorweldig nie? So al asof dít waarmee jy gekonfronteer word jou vanuit elke hoek wil platloop 

Ons word maklik oorweldig deur dít wat voor ons is. Veel moeiliker is om die vertroosting te ontvang wat gebied word deur dít wat jy nie met die blote oog kan sien nie. 

’n Bewustheid van die ongesiene dinge help ons om ons voete stewig op die aarde te plant en die oormag in die  te kykpleks van om te draai en te laat spaander. 

As gelowiges vertrou ons op die God wat ons nie met die blote oog kan sien nie, nie met die natuurlike oor kan hoor nie en nie met die hand kan voel nie. Ons vertroue en geloof is nie in die natuurlike nie, maar in die bonatuurlike.

Vrou kyk na sonsondergang
Foto: pexels.com

Ons weet daar is in elke situasie waarin ons vasgekeer voel, of werklik vasgekeer is, vir ons ’n bonatuurlike uitkoms.  Ons weet God gaan ons vooruit (Deut 31:8), maak die weg gelyk, gee sy engele aangaande ons opdrag (Ps 91:11) en is nie te swak om ons te red nie (Jes 59:1).

Die verhaal van Elisa en sy dienaar is vir my so ’n mooi voorbeeld hiervan. Die arme dienaar se bene het behoorlik geknak toe hy sien hoe hulle omsingel is deur perde, strydwaens en ’n groot leër.

Ek stel my voor die gesprek tussen dié twee sou min of meer soos volg verloop het: Elisa se dienaareffe bewerig: “Genugtig, Meneer! Wat gaan ons doenKyk al daardie perde en strydwaensPraat nie van die soldate nie! Dis verby met onsKlaarpraat. En ek wil nie doodgaan nie.”  

Elisa: “Nee wat, moenie bang wees nieOns is meer as hulle.”  

Dienaar: “Meneertel weer.” Beduie dan met sy vinger na homself en Elisa: “Een, twee. Ons is twee. Hulle is ’n oormag. Dis bokveld toe met ons.” 

Elisa, sug diep: “Here, maak tog sy  oop sodat hy kan sien.”  

Dienaarsprakeloos: “MeneerKýk! Die hele berg is vol vuur en perdeEk het nog nooit so iets gesien nie! Dis verstommend! Die engele … hulle is óral!” 


LEES MEER

‘God het my in my grootste storm kom vind’


Elisa, skouerophalend: “Ek weetEk’t jou mos gesêHaal nou diep asem en hou op beweJy ontstig die perde.”  

Soms het ons net ’n oomblik nodig waar ons dieper kyk as die opsigtelikeWaar ons sien wat nie met die blote oog gesien kan word nieWaar ons hoor wat nie met die natuurlike oor gehoor kan word nieWaar ons voel wat nie tasbaar is nie. 

Want dan sal ons weetOns is nooit vasgekeer nieNie permanent nie, in elk geval. En selfs wanneer ons dink ons is vasgekeer, en wanneer ons glo dis klaarpraat met ons, is daar altyd meer van ons as wat daar van hulle is. Áltyd. 

God sélf omsingel ons. 

Vra jouself 

  1. Wat oorweldig jou nouSonder die drie belangrikste of grootste dinge uit. 
  2. Wat is die mees opsigtelike kwessies van elk van die dinge? 
  3. Uit jou antwoorde op vraag 1: Wat is volgens jou oorkomelik? 
  4. Uit die dinge wat jy in 2(b) as onoorkomelik gelys het: Wat weet jy nou wat jy nie geweet nie het toe jy die kwessies voorheen oordink het? 
  5. Hoe kan jy dit wat jy nou weetgebruik om die kwessies weer aan te raak? 
  6. Gebruik die drie sleutels van week 6. Wat wil die Here vir jou wys oor die opsigtelike kwessies wat volgens jou onoorkomelik is? 
  7. Uit jou antwoord op vraag 3(c): Hoe sal jy nou anders kyk na die dinge wat jy in vraag 1 gelys het? 
  8. Hoekom?
  9. Gebruik die drie sleutels van week 6. Wat wil die Here vir jou wys oor dit wat nie opsigtelik is nie? 
  10. Vanuit jou antwoord op vraag 5: Hoe kyk jy nou anders na die dinge wat jy in vraag 1 gelys het? 
  11. Hoe sal dit jou benadering tot die kwessies verander? 
  • Amanda de Lange is die skrywer van Suurlemoenseisoen – Herbou jou lewe in 52 weke (Lux Verbi).

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF