“Ek het uitgestap en so klein gevoel,” onthou Madré Kohn van die oomblik wat die mat onder haar voete uitgeruk is.
Sy en haar 35-jarige man Jody het nog ’n ruk gelede in die tuin by hulle huis op Wellington gewerk. Voor dit het hulle die oggend saam langs die atletiekveld gestaan. Nou het sy voor die Paarl Medi-Clinic gestaan nadat sy gehoor het haar man is oorlede.
Hoewel sy só geskok was en eers ordentlik van haar man wou probeer afskeid neem, het dié moeilikste ding wat sy nog ooit gedoen het, gewag: Op Saterdag 5 Maart 2022 moes sy vir haar twee jong seuns gaan vertel hulle pappa kom nie terug nie.
Madré moes ook sedert daardie tragiese dag voortgaan met haar lewe. “Dit was vir my baie moeilik. Een van die groot redes was omdat Jody ’n ongelooflik betrokke pa was. Hy was die een op die skool se WhatsApp-groepies,” vertel sy.
Maar sy het nie opgegee nie en maniere gekry om te probeer “cope”.
“Ek het dinge vereenvoudig …”
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.