My liefste ongebore Babalyfie
In April sou jy gebore word
Maar Mamma se verkeerde keuse het jou lewe eensklaps verkort
Ek sien ander babatjies en wens dit was jy
En wonder hoekom was ek nie braaf genoeg om jou groot te maak vir my
Ek verstaan nie hoe ek só verkeerd kon kies
En nou is jy vir my so ’n groot verlies
Geen eerste tree
Of een happie kos wat ek vir jou kon gee
Ek wonder dikwels hoe jy sou lyk
Na wie jy sou aard en hoe jou fototjies in fotoraampies sou pryk
Sou jy saam met Mamma wou sing?
Of saam met jou Pappa op \’n bike wou spring?
Hierdie aanvaar is vir Mamma baie seer
En seker die grootste les
wat ek in my hele lewe kon leer
Op daardie stadium het ek met my hele hart geglo ek en jou Pappa was lief vir mekaar
Maar dit was nie waar …
Hy was nie my man
En wat gebeur het was nie in Abba Vader se plan …
Ek sal jou my lewe lank onthou en mis
Niks op aarde sal hierdie “memory” kan uitwis
Dankie vir ses wekies, vyf dae wat ek jou wel kon dra
En vir daai paar daggies wat ek kon sê ek was jou Ma
Mag ek dit regkry om myself eendag te vergewe
Dat ek jou nie die kans gegun het om te lewe
Ek sal nooit weet of jy van pienk of blou sou hou
Daarom los ek vandag nege wit ballonne vir jou
Ek weet Mamma was genadeloos wreed
Maar vir jou sal ek nooit ooit kan vergeet …
Alhoewel ek weet, bid en vertrou
dat hierdie hartseer minder sal word en selfs op sal hou
Weet net ek sal dit altyd berou
Dat ek jou nooit vas kon hou …
Vir nou dra ek jou styf teen my hart
En probeer “deal” met verlies en smart
Die litteken sal altyd bly
Al gaan die seer verby …
Lief jou my klein “Peanut”-prentjie
In jou hartklop was daar ’n verskil
Jy’t Mamma se oë oopgemaak om die lewe te sien deur ’n nuwe bril.
’n Bril wat nooit meer sal “judge” of verwyt want ek ken die eindelose seer van spyt …
Lief jou eindeloos
Mamma
- Bostaande gedig is van ’n LiG-leser wat verkies om anoniem te bly. Sy sê dit was tot dusver ’n “stukkende pad van spyt en verwyt, maar ook ’n pad wat lei na vergifnis”. Haar wens is dat dit vir iemand wat daarmee kan identifiseer, troos sal bring.
Lees meer:
God het my in my grootste storm kom vind
My blinde seuntjie, my bril van hoop
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.