Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Inperking: bly só positief, bedrywig en funksioneel

Seun wat Jenga speel

Moenie dat jou negatiewe gedagtes en fopnuus jou op hol jaag nie, probeer rustig bly. Sorg dat jy jou inligting van betroubare bronne kry. Doen wat jy kan en wat binne jou vermoë is. Met ander woorde control the controllable.

DEUR MARTJIE ROOS

“Onthou, jy kan nog steeds voluit leef! Maar moenie onverskillig wees of heeltyd in vrees leef nie,” maan ds Fanie Kriel, ‘n pastorale sielkundige en predikant by NG Strooidakkerk in die Paarl.

Fokus in hierdie tyd van inperking op take waarvoor jy nooit die tyd gehad het nie, of op iets wat jy nog altyd wou doen. Soos daardie aanlynkursus wat jy nog altyd wou aanpak. Of kyk flieks wat vermaak en jou laat ontspan. Pak jou huis reg, of gun ook jouself net meer tyd om te rus. Probeer nuwe resepte uit, verfraai jou huis of verf jou kombuis. Pak jou kaste reg en speel bordspeletjies saam met jou huisgenote. Lees die boeke wat al lankal op jou rak lê.

Stiltetyd met \'n Bybel en \'n koppie tee
Foto deur Michał Parzuchowski by Unsplash

Stig groepies op WhatsApp om stemboodskappe en inspirerende boodskappe aan vriende en familie te stuur. Die wêreld is ook besig om mylpale te bereik wat ons inspireer en betekenisvol met ander gedeel kan word.

Maak oproepe of Skype-oproepe aan jou bejaarde ouers, vriende en familielede. Maak weer kontak met vriende en geliefdes wat oorsee woon. ’n Oproep kan soms die wêreld se verskil maak, veral vir mense wat ouer wordend is of alleen woon.

Bel vriende met wie jy lanklaas kontak gehad het.

Beskou hierdie as ’ n kosbare tyd om kwaliteit tyd saam met jou gesinslede te spandeer, selfondersoek te doen en baie van jouself te leer. “Jy het ’n sterkte of skeppingsvermoë waarvan jy dalk nie voorheen bewus was nie,” sê Jacques Botes ’n sielkunde-dosent en kliniese maatskaplike werker van Pretoria.

Aangesien jy nie kan kerk toe gaan nie, hou stiltetyd en bid by jou huis. Daar is baie aanlyn-dienste van verskillende gemeentes, sowel as geestelike leesstof op die internet.

Neem ’n sabbatsreis in jou eie huis. Dr Johan Ferreira, ’n sielkundige van Johannesburg, sê stilte is die grootste geskenk in hierdie tyd. “Word stil en hoor God se stem in hierdie stilte. Stilte is waardevol, en dit is waar ons God ontmoet. In ons besige en gejaagde wêreld is stilte een van daardie kosbare kommoditeite – gryp dit juis nou aan!”

Lees ook: COVID-19 en my lewe as \’n dokter se vrou

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF