Yolandi van der Westhuizen sê nie verniet die geboorte van hulle dogtertjie Lilly was soos iets uit ’n fliek nie.
Toe Yolandi se water die aand van 12 April 2023 breek, het sy nie vir ’n oomblik gedink haar baba gaan nie in die hospitaal gebore word nie.
“Ek het steeds gedink alles is oukei, want met my eersteling Pieter, nou vier jaar oud, was ek een hele dag lank in kraam. En nadat my water destyds gebreek het, nóg ’n paar uur.
“Maar nou het ek net geweet ek moet so gou moontlik by die hospitaal kom. My ma het handdoeke op die kar se agtersitplek oopgesprei vir die rit Panorama-hospitaal toe. Dankie tog daarvoor. Ons woon in Duynefontein, Melkbosstrand, en daar het ’n hele entjie op die pad voorgelê,” vertel Yolandi.
Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.