Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Kom ons praat oor die liefde

Tydens LiG se lesersdag buite die Paarl, het Elsa Winckler oor die liefde gepraat. Haar woorde het ons inspireer en bygebly. Ons sou vir maande lank nog hieraan kan herkou.

 

 

In Grieks is daar vier verskillende woorde vir liefde: storge, philia, eros en agapé. Vir die huwelik om oor ’n lang tydperk te kan werk, is al vier hierdie ‘liefdes’ nodig.

 

CS Lewis het in 1958 ’n reeks praatjies op die BBC oor hierdie vier woorde gehad. Dis later ook gepubliseer as The four loves

 

  • Storge (affection) – (empathy bond) – Lewis noem storge die nederigste van die liefdes. Dis die liefde wat ’n ouer het vir ’n kind, wat jy het vir jou troeteldier en dis die liefde wat jy in jou gemeenskap ervaar. Ook liefde vir ’n goeie fliek, of musiek. Dis die natuurlikste liefde. Dit kan sterk genoeg wees om ’n hindernis te wees vir geestelike groei, veral wanneer jou familie en kultuur jou terughou. Dis ’n liefde wat dikwels saam met een van die ander liefdes werk. Die beste manier om dit te beskryf is die ‘warm’ gevoel wat jy het vir die bekende – jou familie die mense saam met wie jy werk, in die skool, op universiteit, ens.

 

  • Philia – (friendship love, bond, love of the soul) – Lewis noem hierdie ‘the least jealous of the loves’. Dit beskryf die band and tussen mense wat dieselfde waardes, belange en aktiwiteite deel. Dis nie ’n ‘nodige’ liefde nie, maar dit word vrylik gegee. Dis ’n liefde wat reageer op vriendelikheid, waardering of liefde. Dis ’n liefde wat neem en gee insluit, maar wanneer dit onder druk geplaas word, kan dit uitmekaarval. Volgens Lewis is dit die soort liefde waarsonder ons kan leef, as dit moet en min mense ken regtig hierdie soort liefde – dit neem tyd.

 

Lewis praat ook oor die verskillende tipes vriende wat ons het, iets waaroor pastoor TD Jakes in 2008 verder uitbrei: (https://www.youtube.com/watch?v=DjnuvrhZ4FU)

Confidents – Ons het min van hulle. Dis die mense in jou lewe wat jou onvoorwaardelik liefhet. Hulle is daar, vir altyd. Jy kan alles met hulle deel. Dis die mense wat jou altyd daar is vir jou, wat jou konfronteer wanneer nodig, wat inmeng in jou lewe, dis hulle wat vir jou kan sê wanneer jy verkeerd is, maar dis ook die mense wat regtig bly is saam met jou wanneer jy enige goeie nuus kry

Constituents – Hulle is daar omdat hulle iets van jou wil hê, hulle vind dit nuttig om jou te ken. Jy kan dink dis ’n confident, maar hulle is slegs vriende terwyl hulle iets by jou kan kry.

Comrades – hulle is saam met jou teen iets. Sal saam met jou groepeer teen ’n groter vyand. Sodra die doel bereik is, is hulle weg.

 

  • Eros – (romantic love, love of the body, erotic love.) Dit verskil van philia in die sin dat verliefdes graag met mekaar oor hulle liefde praat, hulle kyk vir mekaar, hulle absorbeer as’t ware mekaar. Eros is passie, ’n liefde wat baseer is op ’n emosionele betrokkenheid gegrond op liggaamlike chemiese reaksies – skoenlappers op jou maag, vreugde, opwinding. Dis basiese idee van hierdie liefde is self-bevrediging. Byvoorbeeld, ek het jou lief, want jy maak my gelukkig. Die basis van die tipe liefde is dikwels ’n karaktereienskap in die een vir wie jy lief is. Wanneer die eienskap verander, is die liefde weg. Eros wil hê. Wanneer eros gee, gee dit net om iets terug te ontvang. As eros nie kry wat dit wil hê nie, ontwikkel bitterheid of wrewel intree.

 

Eros is goed en reg, maar dis nie genoeg om ’n verhouding op die lang duur te laat duur nie. Daar word gesê hierdie buzz wat Eros genereer, is binne ’n jaar weg. In Lewis se woorde, Eros ‘needs a nest of storge’ om te kan oorleef.

Lewis verduidelik so mooi:

‘Falling in love is something that happens to us.

Staying in love is something we do’.

 

Dis iets waaraan ons elke dag moet werk. Selfs wanneer jy moeg is.

 

  • Agape – (“God” love, self-sacrificing love.) Dis die liefde van Kor 13. In die oorspronklike vertaling word die woord agapé telkens gebruik. In die King James vertaling, is dit as ‘charity’ aangedui, maar moderne vertaling gebruik die woord ‘liefde.’ In die vorige hoofstuk, praat Paulus oor geestelike gawes en omdat die Korinthiers begin wedywer het oor wie se gawe nou beter is, skryf hy hierdie brief. Liefde behoort die middelpunt van al hulle handelinge te wees nie, sê hy, nie selfbelang nie.

 

Wat Agapé besonders maak, is dat dit hoofsaaklik ’n liefde van die ‘wil’ is. Dis ’n amper onnatuurlike liefde, want dit druis teen ons eie natuur in. Agape word nie aangevuur deur meriete of die waarde van die objek nie, maar dis ’n God-gegewe liefde. Agape het die een lief wat niemand anders liefhet nie, die een wat nie liefde verdien nie, die lelike een. Agape gee met oorgawe. Dis ’n liefde wat aanhou gee, selfs wanneer die geliefde nie reageer nie, onvriendelik, onwaardig is. Agapé wil net die beste hê vir die geliefde. Dis ’n allesoorweldigende passie vir die welsyn van ander. Dis ’n liefde wat bly staan selfs wanneer omstandighede verander. Die grootste van die liefdes.

 

Omdat God ons liefhet, is die Agapé liefde in ons lewe moontlik – om dit te gee, maar ook om dit te aanvaar.

 

En dis wanneer jy die Agapé liefde regtig verstaan dat ’n huwelik kan werk. Dit gaan nie oor jou en jou behoeftes nie, maar oor die ander persoon s’n. Daarmee bedoel ek allermins dat die vrou ’n vloerlap is. Wedersydse respek en liefde is nodig.

 

  • In die Ou Testament kry ons ook die Hebreeuse woord ‘hesed’ vir liefde. Hesed en agapé beskryf dieselfde edelgesteente vanuit verskillende hoeke.

 

Hesed word dikwels in die Psalms gebruik. Dit word vertaal as ‘lovingkindness’ ‘unfailing love.’ Dis ’n dieper liefde, standvastige liefde, getrouheid wat vir ewig duur.

Dis die soort liefde wat ten spyte van sonde en verraad liefhet en wat met grasie vergewe.

Hesed is om soos God lief te hê

 

Hesed is nie net ’n gevoel nie, maar ook ’n daad. Dit meng in by geliefdes en help hulle.

 

Hesed is die moeë pa wat dwarsdeur die nag gaan soek na sy kind wat iewers in vervalle geboue in die stad skuil

Hesed is die ma wat dag na dag na haar gestremde kind omsien

Hesed is die paartjie wat hulle sestigste huweliksherdening vier.

 

Vandag fokus boeke, flieks so op die korttermyn. Is dit omdat ’n lewenslange getrouheid skaars raak? Meer en meer mense kom uit gebroke huwelike, dis moeilik om te dink die liefde kan end-uit hou.

 

In die fliek Letters to Juliet, vra die kleinseun vir die karakter wat deur Vanessa Regrave gespeel word, hoekom ’n mens nie maar net die ‘messy parts’ van die lewe kan ‘skip’ nie. En dan sê sy vir hom: Life is the messy parts.

 

Dink anders oor wat jy doen.

 

Gaan Google gerus op Youtube “The invisible woman” Nicole Johnson praat oor hoe ons as ma’s op ’n dag agterkom ons is ‘onsigbaar’ en hoe frustreerd en ja, verslae dit ons maak.

Maar dan vertel sy van die boek oor katedrale wat ’n vriendin vir haar gee. Voorin skryf die vriendin vir haar sy sien wat sy doen, al sien niemand anders dit raak nie. En dan verstaan sy.

Soos die onbekende mense wat hulle hele lewe gegee het om aan katedrale te bou, sien ons as ma’s nie ooit die eindproduk nie. Elke cupcake wat jy bak, elke balet-bolla wat jy maak, elke vuil rugbybroek wat jy was – dis nie vir hulle wat jy dit doen nie, dis vir God. En Hy sien jou raak – vir Hom is ons nie onsigbaar nie.

’n Mens wonder hoe paartjies dit regkry om lank bymekaar te bly? Raak dit nie vervelig nie? Hoe hou jy die vonk aan die vonkel oor dekades heen?

 

Karl Pillemer, gerontoloog (kenner van ouderdomsverskynsels en skrywer van 30 Lessons for Loving: Advice from the Wisest Americans on Love, Relationships, and Marriage, het probeer om presies hierdie vraag te beantwoord. Hy het onderhoude gevoer met meer as 700 mense as deel van die Universiteit van Cornell in New York se Cornell Marriage Advice Project. Hier is van die redes wat ouer pare wat 30, 40 of 50 jaar getroud is, gee.

 

  1. Vir die jonges – don’t settle. Moenie sommer net trou nie. Trou net as jy regtig lief is, as die vonk daar is, as daar skoenlappers op jou maag is elke keer wat jy hom sien. Trou met iemand met wie jy ook vriende is.
  2. Voor en na die troue. Praat oor waardes, oor kinders.
  3. Stel jou man voor jou kinders. Moenie toelaat dat jou kinders en jou loopbaan al jou tyd in beslag neem sodat daar geen tyd oorbly vir hom nie. Maak tyd vir mekaar. Date mekaar, al doen julle net inkopies saam.
  4. Moenie baklei as jy honger of moeg is nie.
  5. Wees gereed om aan te pas by veranderinge. Mense wat lank getroud is, slaag daarin om by veranderende omstandighede aan te pas.
  6. Versorg jouself. Oefen, trek mooi aan, doen jou naels, hare – dis noodsaaklik. Voel goed oor jouself, nie omdat jy ’n goeie prokureur /juffrou /tandarts/ dokter/sekretaresse ens is nie, maar omdat jy gelukkig is by jou man.
  7. Om getroud te wees, is ’n langtermyn ‘commitment’ – byt vas ten spyte van, desnieteenstaande. Besluit elke dag om lief te wees vir hom.
  8. Lag vir jouself en vir mekaar. Humor is ’n wonderlike manier om ’n huwelik en kinders te oorleef

Ek voeg ook by:

  1. Vind uit wat jou man laat voel jy is lief vir hom – wat is sy liefdestaal? (Gary Chapman) Wil hy gereeld hoor jy’s lief vir hom (words of affirmation), verkies hy om kwaliteit tyd saam met jou te spandeer (quality time), ontvang hy graag klein geskenkies of verrassings (receiving gifts), is hy iemand wat jou hulp nodig het met dinge (acts of service), is hy iemand wat hou van aanraking (physical touch).
  2. Maak seks ’n prioriteit. Leef en eet gesond. Soos julle liefde groei, so verbeter die kwaliteit van intiem wees met mekaar en kan jy die gedeelde genot van ware liefde ervaar. Baie belangrike deel van ’n huwelikslewe.
  3. Vergewe 7 x 7. Niemand is perfek nie, ons almal maak iewers droog. Soms moet jy selfs saamstem dat julle nie kan saamstem nie en net aanbeweeg.
  4. Sê meer kere ja as nee. As hy die kamer rooi wil verf – hoekom nie? As hy na die monster trucks wil gaan kyk en jy kan nie iets ergers dink nie, gaan saam. Volgende keer kyk hy weer saam met jou na ’n romcom.
  5. Onthou die lewe is kort. Wanneer jy frustreerd voel oor iets, onthou julle tyd saam is beperk, so maak eerder die meeste daarvan.
  6. Jou geloof is belangrik – dis wat ons deur al die dinge dra. Dan ervaar jy nie die slegte dinge gebeur met julle gebeur nie, maar sien dit eerder as uitdagings vir

 

 

 

As ons oor die liefde praat, is dit ook belangrik om te onthou ons moet ons naaste liefhê

“No one is born hating another person because of the colour of his skin, or his background, or his religion. People must learn to hate, and if they can learn to hate, they can be taught to love, for love comes more naturally to the human heart than its opposite.”

― Nelson Mandela, Long Walk to Freedom

 

Karin Brynard:

Wreed én mooi is die dood – verhale oor verlies, hunkering en heling, wat pas verskyn het:

“Daaroor wil ek fantaseer, my lief. Waar ek weer jou hande kan sien. En jou oë. En hoe jy my waarlik gesien het, my geanker het en my lewe gangbaar gemaak het. Hoe dit my geleer het wat die liefde is: aandag, tyd, stip teenwoordige getuienis van \’n ander se diepste wese, sy essensie.”

 

Bronne geraadpleeg:

Boeke:

Chapman, Gary. The five Love Languages: The Secret to Love That Lasts. Northfield Publishing, 2015

Lewis, CS. The four loves. HarperOne (re-edition), 2017.

Mandela, Nelson. Long walk to freedom. Little Brown Book, 2011.

Wiese, Tobie. Wreed én mooi is dood dood: Verhale oor verlies, hunkering en heling. Jonathan Ball, 2019.

Artikels:

Steelman, Liz. Online. 8 Secrects of Long-Married Couples (Karl Pillemer’s study), 2017. https://www.realsimple.com/work-life/family/relationships/how-to-stay-together

 

 

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.