Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

KYK: ’n Groep Kaapse huisgesinne kook vir hongeres

16 Maart 2021


“Somtyds kom ons elfuur in die aand by ’n huis waar ’n ma en sewe kinders sit en wag en vertrou het dat ons vir hulle kos gaan bring.”

 

Dis súlke gevalle, vertel in die woorde van Beverley Chonco wat ’n voedingskema in Mitchells Plain bestuur, wat Jeanette van Vuuren aangemoedig het om te begin kos maak.

LEES OOK: ’n Baba ná agt jaar – en ’n nuwe beproewing

“En ek hou nie eens van kosmaak nie,” lag Jeanette, ’n rekenmeester van die Tygervallei-omgewing in Kaapstad se noordelike voorstede, wanneer sy vertel hoe sy begin “wortels rasper, uie opsny en sop maak” het.

Jeanette en haar man het tydens inperking in 2020 vir Beverley ontmoet en besef hoeveel hongersnood daar om hulle is.

Beverley en haar man Joshua bedryf Arise Shine Africa vanuit hulle huis in Mitchells Plain. Behalwe om kos vir behoeftiges te verskaf, streef hulle daarna om die behoeftiges in hulle omgewing te help om later op hulle eie voete te staan. Foto verskaf

“Ek het besef dis maklik om in ons huis te sit waar dit knus en warm is en waar ons koskaste vol is. Maar dis nóú die tyd om uitwaarts te begin leef,” vertel Jeanette.

LEES OOK: Kangaroe-mammas – ’n roeping

Sedertdien kook sy en ses ander gesinne een maal per week kos. Beverley se man kom haal dan dié kos elke Maandag sodat hulle die kos in hulle behoeftige gemeenskap kan begin uitdeel.

“Maar,” sê Jeanette, “ons kort nog hande.” Volgens Jeanette is daar nie net ’n behoefte aan sop nie, maar énige kos wat iemand bereid is om te maak.

Sedert 2020 se inperkingsmaatreëls het die behoefte aan kos baie toegeneem in haar omgewing, vertel Beverley van Rise Shine Africa. Foto verskaf

“Ons het onlangs saam Mitchells Plain toe gegaan om die kos uit te deel en dit was ongelooflik om te sien watter verskil ons help maak het.”

Beverley vertel sy het jare gelede vir God gevra wat Hy wil hê sy in haar gemeenskap moet doen. Só het sy Arise Shine Africa, die voedingskema, begin.

Omdat die behoefte aan kos tydens die pandemie soveel in haar gemeenskap toegeneem het, was sy aanvanklik bekommerd. “Maar toe was dit maklik, want daar was en is soveel mense wat ons hande omhoog hou,” vertel Beverley.

  • Kontak Jeanette van Vuuren by 082 303 8588 indien jy wil help kook of op ’n manier betrokke wil raak.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF