Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

KYK VIDEO’S: Egpaar oor reis met kanker en ses jaar van onvrugbaarheid

Francois en Jackie van Wyk van Durbanville het sedert hulle troudag in 2011 gedroom oor hulle kinders wat hulle binnekort sou hê.

Jackie deel haar kant van hulle moeilike en emosionele pad.

Toe die Van Wyks egter ná twee jaar probeer swanger raak, het ’n groot skok op dié paartjie gewag. Francois is in 2014 met fase 3b-kolonkanker gediagnoseer.

Jackie, ’n kommunikasiekundige en motiveringspreker, onthou: “Ek was besig om oor babas te droom toe ek skielik hoor ek gaan dalk ’n kinderlose weduwee op 30 word.” Francois vertel terwyl hy vir sy lewe geveg het, moes hulle skielik dink of hy wil spermselle vries, wat hulle toe wel gedoen het. Volgens die dokter was die kans 50% om swanger te raak na die tipe chemo wat hy sou ontvang.

Kyk na Francois se kant van hulle getuienis.

Francois het genadiglik sy kanker oorwin en is vandag steeds kankervry. Maar daarna het hulle stryd met infertiliteit met mening begin. Jackie vertel: “Vir jare en jare het ons toe onverklaarbare onvrugbaarheid ervaar. Ons het vir elke liewe behandeling gegaan. Ons het derduisende rande spandeer. Maand na maand, jaar na jaar het dit net nie gebeur nie.”

LEES OOK: Moet ek bly wees oor ‘n babatee as ek dalk nooit een gaan hê nie?

Wanneer Jackie aan haar laagste punt in dié tyd terugdink, sê sy: “Ek het eenkeer ’n klomp babaklere wat ek in die geloof versamel het, uit my kas gegooi. Ek was baie kwaad vir die Here en het vir Hom gesê: ‘Ek verstaan nie! Wat moet ons nog doen? Wat moet ons nog probeer?’” Sy het vir God gesmeek om haar te antwoord, maar net stilte ervaar.

“Vandag kyk ek terug en ek sien hoe daardie dag die begin was van soveel deurbrake. Nie lank daarna nie het ek stelselmatig begin sien waarmee die Here besig was. Soms vergeet ons Hy is God – en ons nie. Hy het gekies om my te antwoord in die vorm van ʼn kettingreaksie. In plaas van die een, allesomvattende, onmiddellike antwoord wat ek wou hê, het God ervaringe aanmekaargeryg en die antwoord op my vraag geleidelik aan my openbaar. Dit het Hy gedoen ten spyte van my ongeduld en voorskriftelikheid. Wat ʼn genadige God!” sê Jackie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.