Lees die “Plig en Plesier”-rubriek oor vriendskap hier
• Dink aan jou vriendskappe die afgelope jare. Wat het jy hieruit geleer – positief en negatief?
• Bespreek die volgende stellings deur die skrywer:
– “Dis kosbaar om terugvoer te kan gee en te kan ontvang in die veilige ruimte wat vriendskap jou bied.”
– “Vriende het ook die wonderlike geleentheid om met mekaar die waarheid te praat.”
• Lees Spreuke 18:24; 24:26; 27:17.
– Beleef jy dieselfde in jou verhoudings as dit waaroor die Spreukedigter in Spreuke 18:24 praat?
– In Spreuke 24:26 word eerlikheid as ’n belangrike eienskap by ’n ware vriend aangedui. Watter ander eienskappe is vir jou belangrik?
– Wat leer ons uit die beeldspraak “yster slyp yster”?
• Hoe kan ons mekaar help om ’n ware vriend vir ander te wees?