Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Lees die redakteursbrief oor “sabbatsrus”, en dink oor die volgende

Lees die redakteursbrief hier.

• Bou jy gereelde rustye, oftewel sabbatstye, in jou lewe in? Hoe vul jy hierdie tye?
• Bespreek die volgende stelling wat in die skryfstuk gemaak word: “Die Here se sabbatsrus gaan oor meer as bloot rus op ’n bepaalde dag. Hier is ’n hele toestand van rus ter sprake – elke dag van ons lewe. Met ’n hart wat vergenoegd en vol vrede is.”
• Lees Eksodus 20:8-11 en Matteus 11:28-29.
– In die Bybelboek Eksodus lees ons oor die slawerny in Egipte. Wat is die verskil tussen die farao as slawedrywer en die God van Israel?
– Hoekom het die Here die sabbat as rusdag ingestel (vgl Eks 20:8-11)?
– Probeer om Matteus 11:28-29 in jou eie woorde oor te vertel. Hoe verstaan jy die rus wat Jesus belowe?
• Help mekaar met praktiese riglyne sodat ons die soort “slawerny” (wat net meer en meer wil hê) kan verruil vir “kindskap van God” (met ander woorde ’n soort dankbaarheid wat in God rus vind).

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF