Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide

Maklike resepte vir \’n klein kok

 

Hierdie twee resepte is ideaal vir kinders wat wil help in die kombuis.

Kleurvolle ontbyt eiernessies

Maak 12 nessies

Spuit ‘n muffinpan met kleefwerende middel of smeer dit met botter

Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius

  • 12 snye bruin of volgraan brood (korsies kan verwyder word)
  • 12 groot eiers

Plaas ’n sny brood in elke muffinholte en vorm dit versigtig met jou hande.

Breek ’n eier binne-in elkeen van hierdie broodjies en bak vir 10 minute.

Haal uit en skud liggies om te kyk of die mengsel geset het. Indien nodig, kan dit vir nog 2 minute gebak word.

Haal die eiernessies uit die holtes en plaas op individuele borde. Bedien met die volgende:

  • ½ pakkie kersietamaties, gehalveer
  • ½ pakkie babaspinasie, fyn gesny
  • ’n rooi of geel soetrissie, in blokkies gesny
  • Gerasperde kaas

Sprinkel die kaas bo-oor die eiernessies sodra dit uit die oond kom. Plaas dan die ander bestanddele bo-op.

Geen-gebak energiehappies

  • 1 koppie hawermout
  • ½ koppie grondboontjiebotter
  • 1/3 koppie heuning
  • 1 koppie fyn klapper
  • 1/2 koppie lynsaad
  • ½ koppie sjokoladestukkies
  • 1 t vanielje

Meng al die bestanddele deeglik in ’n medium grootte mengbak.

Verkoel in die yskas vir 30 minute.

Rol die verkoelde mengsel in balletjies.

Stoor in ’n lugdigte houer in die yskas. Die mengsel kan tot ’n week hou.

Met die komplimente van Little cooks club 

Verwante Artikels

© Lig 2023 | All rights reserved.

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.