Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

\’n Pasellatjie vir jou pa

Vadersdag bied die ideale geleentheid om jou pa te bederf. Maar daar is nóg 364 dae in die jaar waartydens jy dit kan doen. Ons gee jou soveel idees hier onder dat jy (en hy) die hele jaar met hierdie liefdestakies kan besig bly!

DEUR SUSAN GOOSEN

Doen dít vir Pa
’n Geskenk is nie altyd wat jy dink dit is nie. Onthou net: ’n Belangrike deel van elke geskenk (en selfs belangriker as enige tasbare geskenk) is die tyd wat jy by hom deurbring of aan hom afstaan, en jou teenwoordigheid in sy geselskap.
Hier is ’n klomp moontlikhede waaraan jy dalk nog nie gedink het nie:
• Kies ’n Vadersdaggeskenk wat by jou pa pas. Maak sy gunstelingnagereg of probeer ’n tuisgemaakte resep van sy gunstelingbraaisout. Geniet julle karateflieks of videospeletjies? Koop iets wat julle saam kan speel of kyk. Of maak vir jou pa ’n speellys met sy gunstelingliedjies.
• Maak ’n afspraak. Dit gebeur maklik dat jy tyd maak vir sport, vriende en stokperdjies … en in die proses jou familie afskeep. Besluit saam op ’n geskikte tyd om iets saam met jou pa te doen.
• Help jou pa met huistake. Praat met mekaar wanneer julle in die huis of motorhuis werk. Of ry saam wanneer hy ’n klompie aankope gaan doen.
• Maak saam iets reg. Gee daardie ou leunstoel of flenterfiets nuwe lewe. Of verf ’n muur of kas in jul huis.
• Bederf die res van jul gesin met ’n ete wat jy en jou pa saam beplan en voorberei het.
• Kry ’n stokperdjie wat julle saam kan doen. Leer saam ’n nuwe vaardigheid of taal aan. Leer meer oor bonsai-kuns, leerwerk, fotografie of metaalwerk.
• Doen saam iets goeds vir iemand anders. Ken julle iemand wat alleen is of swaarkry? Besluit saam wat julle kan doen om te help. Of raak betrokke by jul gemeente se uitreikaksies.
• Oefen saam. Ry fiets, stap, draf saam. Gaan ’n slag saam wanneer jou pa gholf of tennis speel.
• Gesels met jou pa wanneer julle iewers heen ry of saam om die braaivleisvuur sit. Skakel jou foon af, vra uit oor jou pa se werk of belangstellings en deel iets van jou eie ervarings.
• Stuur soms vir jou pa ’n teksboodskap om te sê jy dink aan hom wanneer hy laat werk. Laat weet hom wanneer daar iets opwindends in jou dag gebeur het.

Pa, doen dit vir jou kind
• Leer jou kind(ers) ’n nuwe vaardigheid aan. Wees jy die een wat hulle leer om braaibroodjies te maak, ’n “handstaan” behoorlik reg te kry of ’n stukkende fietswiel reg te maak.
• Deel jou eie belangstellings en stokperdjies met jou kind. Of neem jou kind soms saam wanneer jy gaan werk.
• Gaan haal jou kind by die skool en gaan eet saam middagete.
• Alledaagse aktiwiteite wat julle saam doen – soos om in die huis of tuin te werskaf, die honde te bad of die geute skoon te maak – kan baie doen om jul onderlinge verhouding te versterk.
• Bêre jou foon en gee jou kind jou onverdeelde aandag.

As die tyd min is …
’n Pa wat nie by sy kind(ers) woon nie, of weens omstandighede lang rukke van die huis af weg is, moet kreatief wees om sy verhouding met hulle gesond te hou. Lianna het ook hiervoor raad:
• Tegnologie maak dit soveel makliker om kontak te behou. Doen dit gereeld en vestig ’n roetine – soos ’n vinnige geselsie voor slaaptyd, of Skype op ’n Sondagaand.
• Maak jou deel van jou kinders se daaglikse roetine, selfs wanneer jy nie by hulle teenwoordig is nie. Maak ’n video-oproep om vir jou jonger kind ’n slaaptydstorie voor te lees. Of neem jou stem op terwyl jy stories lees.
• Stuur gereeld teksboodskappe. Vra of jy deel van die klas se WhatsApp-groep kan wees sodat jy op hoogte kan wees van wat by die skool gebeur.
• Kry ’n gedeelde belangstelling met jou tiener. Kyk ‘saam’ na daardie wedstryd, lees dieselfde boek of kyk dieselfde fliek. Die internet maak dit moontlik om speletjies teen mekaar te speel, al is julle ver van mekaar af.
• Help met huiswerk. Wees beskikbaar vir raad en idees. Bied aan om te help navorsing doen.
• Ruil gebedversoeke uit.
• Stuur snaakse grappies of video’s aan mekaar.
• Vier die geleenthede wat julle saam het. Neem foto’s en video’s en deel dit later met mekaar.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF