Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

\’n Saamwees-Kersfees

Maak self \’n Kersfeesboekie vir elke lid van die familie. Kry die ontwerp hier en druk dit op \’n A3-papier.
Volg dan die maklike stappe om die boekie te vou en te sny – en siedaar! Elke lid van die familie of vriendekring kan deelneem aan die groot Fees!
Hier volg die stappe:

Stap 1 Druk die ontwerp op ’n A3-papier. Vou dit lengtegewys in die helfte. (Die ontwerp moet ondertoe wys.)

Stap 2 Vou dit nou dwarsoor in die helfte.

Stap 3 Blaai die boekie om, en vou dit dan lengtegewys in die helfte.

 

Stap 4 Vou die boekie een maal oop, en kram die blaaie op die vou.

Stap 5 Vou dit weer toe, en knip die rande onder en langs die kant af sodat die bladsye los van mekaar is.

Nou kan jou boekie blaai!

 

Geseënde Christusfees!

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF