Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ons het letterlik álles verloor’

As jy al ooit gewonder het watter besittings jy sal red wanneer jou huis afbrand, het jy dalk nie geweet hoe vinnig dit gebeur nie.

Rethie van Niekerk, ’n predikant, het dit eerstehands ervaar. “Dit is sekondes en jy hardloop vir jou lewe,” vertel sy nadat sy en haar man Henry Bouwer dit net-net tot op die sypaadjie voor hulle huis in Gqeberha in die Oos-Kaap gemaak het.

In episode 50 van LiG: God se krag in my krisis deel Rethie haar getuienis nadat hulle huis afgebrand het en sy en haar man boonop daarna albei hulle werke verloor het.

Sy sê mense praat maklik van “wêreldsgoed”, maar elke ding in ’n huis het ’n storie. En toe hulle die volgende dag in die puin wou gaan soek na iets wat dalk behoue gebly het, was dit net “laag op laag gemors” wat oorgebly het.

Boonop het daar ’n paar maande daarna nog twee groot skokke gekom. Die Somerstrand-gemeente waar sy predikant was, moes haar laat gaan as gevolg van finansiële redes. Daarna het haar man sy werk as tweedehandsemotorverkoopsman verloor op die laaste dag wat sy gewerk het.

“Toe het ons letterlik álles verloor. Ons het toe nie net ons huis of den verloor nie, ons het ons werke en sekuriteit verloor. Ons het heeltyd die gevoel gehad dat die Here ons uit die nes uitskop. Daai verlies was vir my onbeskryflik pynlik,” sê Rethie.

Maar, vertel Rethie, sy het ook vinnig geleer dat dinge gelyktydig pynlik én mooi kan wees.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.