As jy ’n kwaal vroeg genoeg opspoor, is die kanse op herstel net soveel groter as andersins. As jy bo vyftig is, sorg dat jy – en jou maat – die volgende toetse gedoen kry:
DEUR SALOMÉ DELPORT
ELKE MAAND TUIS
• ’n Borsondersoek. En ’n testikelselfondersoek vir hom.
• ’n Fiksheid-evaluering. Kan jy so ver stap soos wat jy altyd kon? Moegheid is ’n teken dat iets iewers skort.
• Jou gewig. Gaan spreek jou dokter as jy om ’n onverklaarbare rede 5 kg of meer verloor, of bykry.
ELKE JAAR
• Bloeddrukmeting
• Lipiedprofiel (cholesteroltoets)
• Bloedsuikermeting
• ’n Evaluering van jou gemoed en verstand. Daar bestaan nie toetse vir depressie, demensie en ander breinsiektes nie, maar as jou lewe nie “werk” soos dit moet nie, kan
die probleem hier lê.
LEES OOK: Bloedklonte ná ’n operasie: Só voorkom jy dit
ELKE TWEE JAAR
• ’n Borskankersonar, en ’n prostaatondersoek vir hom
• ’n Gehoortoets
• ’n Oogtoets
ELKE 10 JAAR
• ’n Kolonoskopie
*Dié kort artikel het deel gevorm van die gedrukte LiG se maandelikse gesondheidsrubriek wat in die 2021-Somer/Kersfeesuitgawe verskyn het.