Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wat moet my kleuter van Covid-19 verstaan?

Kind wat huis

Die skooltjie is toe. Die winkel, die parkie, pappa en mamma se werk en die kerk is ook toe. En ons kan nie by maatjies of by oupa en ouma gaan kuier nie. Die wêreld lyk skielik baie anders vir kleuters, dikwels, sonder enige verduideliking. Want hoe verduidelik jy die redes vir inperking vir kleuters en jong kinders?

DEUR SUSAN GOOSEN

Dit is moeilik om COVID-19, iets wat met soveel vrees en onsekerheid gepaard gaan, aan jong kinders te verduidelik. ’n Eenvoudige verduideliking kan egter jong kinders se vrese besweer en hulle help om die nuwe reёls en roetines te verstaan.

Veilig by die huis

Verduidelik eerstens aan jou kind dat hulle veiligheid nog altyd julle prioriteit was. “Dit is Pappas en Mammas se werk om hulle kinders veilig te hou. Daarom het ons ’n hek by die voordeur, ’n reёling by die trappie en klein wieletjies aan jou fiets. Dit is ook hoekom ons jou hand vashou as ons oor die straat stap en wanneer jy van die hoё klimraam afklim. Ons wil nie hê jy moet seerkry nie.”

Huisreëls, Bybelse voorskrifte en landswette is ook daar om ons veilig te hou. “Jy mag nie alleen met die skerp mes sny of die ketel gebruik nie. Pappa of Mamma moet jou help, want jy kan seerkry. Ons mag nie steel nie, en ons moet altyd by die stopstraat en voetoorgang wag. As ons dit nie doen nie, kan iemand seerkry.”

Jou kind moet verstaan dat die inperking, en gepaardgaande regulasies, ook daar is om ons veilig te hou. Sê byvoorbeeld: “Daar is nou nog iets waarvoor ons versigtig moet wees. Daar is ’n nuwe virus, ’n siekte, wat ons COVID-19 of die Koronavirus, noem. Dit het al baie mense siek gemaak en ongelukkig, wanneer mense nie versigtig is nie, kan mense daarvan doodgaan.

holding hands

 

“Ons regering het slim planne en nuwe reёls gemaak om seker te maak dat ons veilig en gesond is. Een van die reёls is dat ons eers by die huis moet bly. Wanneer baie mense bymekaar is, kan die kiem maklik versprei. Ons moet ook ons hande gereeld was en alles mooi skoon hou om seker te maak dat ons nie siek word nie. Party mense dra ook maskers en spesiale klere om seker te maak dat hulle en ons nie siek word nie.

“Daar is baie slim dokters wat saamwerk om medisyne te maak sodat ons hierdie kiem kan stop en siek mense kan gesond maak. Tot dan, gaan ons veilig by die huis bly. Daarom werk Pappa en Mamma by die huis en kan jy nie nou skooltjie toe gaan nie. Dit gee ook vir ons lekker tyd om te speel.”

Kind wat huil

Raak prakties:

  • Gebruik rolspel en speletjies om hierdie konsepte te verduidelik. Laat jou kind vir al die teddiebere, poppe of speelgoedmannetjies verduidelik waarom julle nie nou buite kan speel nie, maar lekker speletjies by die huis moet uitdink. Indien jou kinders dikwels mense met maskers en beskermende klere sien, kan julle ook vir die teddies maskers maak.
  • “Was” die poppe se hande en gesigte sodat hulle ook skoon en veilig is. Oefen speel-speel om in jou elmboog te hoes en nie aan jou gesig te vat wanneer julle buite is nie.
  • Teken prente van die Korona-kiem en plak dit op om almal te herinner om gereeld hande te was en oppervlaktes skoon te maak.
  • Beklemtoon “ons is veilig” eerder as “ons is verveeld of bang”.

LEES MEER

Mamma, ek is verveeld!

Terapie vir my kind?


 

 

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF