Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Werkgeleentheid: LiGter op soek na twee finalejaar óf afgestudeerde studente

LiGter aanlyn tydskrifprogram, ’n projek van LiG-tydskrif, is op soek na twee finalejaar óf afgestudeerde studente om as koördineerders aan vanjaar se LiGter-projek te werk.

VEREISTES EN AANSOEK

  • Die leerlingskapkontrak duur vanaf 1 Junie tot 30 November 2022.
  • ’n Minimum werkstyd van 120 ure per maand (30 ure per week) word van die kandidaat verwag.
  • Die vergoedingspakket is R6,600 per maand en vooraf goedgekeurde projekkostes word addisioneel vergoed.
  • Die pos kan hoofsaaklik aanlyn uitgevoer word, maar per geleentheid moet die individu in persoon teenwoordig wees.
  • Aansoeke word regoor die land aanvaar. LiGter word in Oktober 2022 uitgesaai, en daar word verwag dat die kandidaat fisies teenwoordig sal wees in die Kaap/Wellington tydens die uitsending.
  • Stuur jou CV en ’n motivering van maksimum 500 woorde oor waarom jy geskik sal wees vir die pos na sunet@tydskrifte.co.za
  • ’n Kortlys word saamgestel en onderhoude vind in Mei 2022 plaas.
  • Aansoeke sluit op 30 April 2022.

VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees met die hulp van fasilitering, administrasie en koördinering van die LiGter-projek. Kernverantwoordelikhede sluit in: 
  • Koördinering en uitvoer van take soos geïdentifiseer en aangevra deur die projekbestuurder op ’n weeklikse basis.
  • Uitbrei van netwerke.
  • Skakel met belanghebbendes.
  • Uitvoering van konseptake.
  • Die oogmerk is om innoverend op te tree en die projek se potensiaal uit te brei en te ontsluit.
  • Weeklikse beplanning en verslagdoening moet ingedien word by die projekbestuurders.

DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT BENODIG:

  • ’n Slimfoon en ’n redelike hoeveelheid lugtyd. 
  • ’n Rekenaar met betroubare en vinnige internet sowel as onbeperkte data.
  • Sagteware wat spesifiek vir die projek gebruik word, sal voorsien word.
  • Eie vervoer is ’n bonus.

KWALIFIKASIES, VAARDIGHEDE EN ONDERVINDING:

  • Matriekvrystelling.
  • Tersiêre studies (3 jaar), maar dit hoef nie noodwendig reeds voltooid te wees nie. ’n Bonus sal wees indien die kandidaat vir ’n kwalifikasie binne die mediabedryf studeer.
  • Uitstekende skryf- en taalvaardighede in beide Afrikaans en Engels.
  • Aktiewe betrokkenheid by die georganiseerde studentelewe óf werksondervinding saam met studies.
  • Uitstekende rekenaarkennis van Google Drive, die gebruik van sosiale media-platforms, Microsoft Office en digitale kommunikasieplatforms soos Skype en zoom. Kortom, die kandidaat moet vertroud en gemaklik daarmee wees om op ’n rekenaar te werk.
  • Optrede, voorkoms, houding en taal moet professioneel wees, en binne die Christelike etos van LiG-tydskrif pas. 
  • Die volgende vaardighede gaan vereis word in die projek:
  • Die kandidaat gaan eienaarskap van take moet neem en deurvoer totdat dit voltooi is.
  • Probleemoplossing is deel van die rol, en die kandidaat sal deur, rondom en oor struikelblokke moet spring.
  • Die projek is kompleks en die kandidaat sal konsepte self moet vereenvoudig om die uitkomste te bereik wat deur die projek vereis word.
  • Verandering en aanpassing gaan gedurig van die kandidaat verwag word.
  • Die kandidaat moet frustrasie, wat hoog is in só ’n projek, op ’n positiewe manier kan aanpak en verwerk. 

VOORDELE vir die SUKSESVOLLE KANDIDAAT

  • Dit is ’n geleentheid van ’n leeftyd.
  • Ondervinding van onskatbare waarde word in die mediabedryf opgedoen.
  • Opleiding en blootstelling in ’n internasionaal- geakkrediteerde ontwerpmetode en -proses.
  • ’n Ingesteldheid om te innoveer en as entrepreneur in die werksplek op te tree word deurgaans beoefen.
  • Ondervinding in projekadministrasie en as koördineerder.
  • Die kandidaat vervul die pos onder ’n mentorskap en gaan uitgedaag word om buite hul gemaksone te werk.
  • Suksesvolle kandidate sal na afloop van die projek ’n verwysingsbrief van LiG ontvang asook ‘n basiese fasiliteringsertifikaat van STUDIO.WHY Internasionaal.
  • In die proses van werk gaan die kandidaat leer dat daar nie van jou verwag word om alles te weet nie, maar dat jy in die diepkant ingegooi word om te kan leer.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF