Gestremdes en jou kind

Hoe kan ouers hul kinders leer om gestremdes en andersheid in mense te aanvaar? Kinders aanvaar maklik dat mense op baie maniere van mekaar verskil – maar wanneer hulle iemand sien wat ooglopend gestremd is, begin hulle staar. Of lag. Of met die vinger wys. Of tree hulle oor die algemeen ontoepaslik op. Elke ouer […]
Begrafnisse: Hoe moet ’n ruimte van verlies vandag lyk?

Ons begrip van ’n begrafnisdiens het alles te make met ons verstaan van God. En met hoe ons oor die lewe en die dood dink. Wanneer ons vir die laaste afskeid vergader, behoort die plek waar ons bymekaarkom dit te weerspieël. Soos die holte van die Here se hand. Dit was my gewaarwording een Saterdagmiddag […]
God se beloftes | ‘n Reënboog in my woestyn

Die Bybel is ’n belofteboek. Dit vertel immers die storie van Israel, die volk aan wie God belowe het dat Hy hulle God sal wees en dat hulle sy volk sal wees. Maar hoe lees ons hierdie Boek, duisende jare ná die gebeure wat daarin beskryf word? En, veral, hoe verstaan ons die beloftes wat […]
Vegetariese resepte: Voedsaam en veelsydig

Een ding is seker: Vegetariese resepte is beslis nie bloot ’n vaal en vervelige bord vol boontjies of lensies nie. As jy dalk só gedink het, probeer gerus een van dié kleurvolle en geurige idees vir ’n heerlike ete – en kyk (en proe) hoe verkeerd jy is! Etes sonder vleis is nie net vir […]
Seksuele intimiteit | Praat daaroor

Ons word nie in ons vormingsjare noodwendig geleer dat seksuele intimiteit of seks lekker is nie. Inteendeel. Seks word soms gebrandmerk as vuil, onbetaamlik, sondig en goedkoop. Dit word ontstellend min kere as ’n genotvolle aktiwiteit voorgehou. Die “les” is eenvoudig: Jy doen dit nie; jy praat nie daaroor nie; jy eksperimenteer beslis nie daarmee […]
Van uitstel kom afstel … Is jy skuldig? Stel dit reg!

Ons almal ken dié gesegde: Van uitstel kom afstel. En almal weet dat wanneer dit gesê word, daar reeds ’n bitter smaak in die mond is. En ’n swaar hart, vol slegte emosie en diep verwyte. Is daar ’n uitweg? Ons ken die storielyn: Jy het ’n reuseprojek op jou lessenaar of rekenaarskerm. Die sperdatum […]
Winterresepte | Warm en gesonde trooskos

Winterresepte en winterkos is sinoniem met snoesige trooskos, maar dit is lankal nie meer noodwendig vetmaakkos nie. Maak ’n leefstylkeuse dié winter: Kook en eet gesond! Winterresepte: Pampoen- en broccoli-slaai 4 porsies. Pampoen en broccoli word albei as sogenaamde superkosse gereken. Pampoen bevat heelwat antioksidante en is vol vitamiene. Die betakaroteen daarin verhoog jou immuniteit […]
Koesterkos vir die winter

Winterkos is koesterkos. Vul jou kombuis in dié tyd met die geure van kerrie, speserye, gebakte poeding en vla. Jy kan jou gesin na hartelus bederf met die tipiese bestanddele van hierdie seisoen. Winterkos resep: Aromatiese winterkerrie Resep aangepas uit The AMC Book. Hierdie matige kerrie het ’n sterk Maleise invloed. Die kombinasie van komyn, […]
Enkelloper vertel: ‘Ons is nie hoekie vir eensames’

Ek is 40 jaar oud, ‘n enkelloper en in die huwelik-bedryf. My wêreld bestaan uit bruide, troues en alles wat mooi is daaraan. Op dié manier was ek reeds by sowat 170 troues betrokke. En telkens het ek besef hoe uniek elke mens se verhaal is. By ’n troue sien jy inderdaad die lewe op […]
Stories, prinsesse en dankbaarheid

Ek hou van stories. Goedvoelstories met ‘n mooi einde. Dis mos verkwikkend om soms weg te glip na ‘n verbeeldingswêreld ver hiervandaan. Nog beter as daar ‘n morele les te leer is waaraan jy kan herkou terwyl dit salf aan jou siel smeer. Ek en my gesin is nie juis kranige televisiekykers nie. Dieselfde televisie […]