Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Die Spreuke 31 vrou: Wat het sy van goeie finansiële beplanning geweet?

Die Spreuke 31 vrou: Wat het sy van finansiële beplanning geweet?

Die Spreuke 31 vrou is ’n ikoniese figuur wat besing word as die toonbeeld van deug en bekwaamheid. Sy is ’n vrou van edele karakter en word geprys vir haar werksetiek, wysheid en toewyding aan haar gesin. Sy dien as inspirasie en hulp vir vele, maar in ons moderne samelewing waar die verantwoordelikhede van vroue […]

Sampioene, veelsydige kampioene

Sampioene. Sampioene Resepte | Sampioene van alle soorte is deesdae in die supermark beskikbaar. Pak gerus daarvan in jou mandjie en gaan kyk wat jy alles daarmee kan optower.

Sampioene van alle soorte is deesdae in die supermark beskikbaar. Pak gerus daarvan in jou mandjie en gaan kyk wat jy alles daarmee kan optower. Én hoeveel uiteenlopende smake jy met hierdie veelsydige kampioene kan bevredig. Sampioene resepte Rooster die ou grotes Groot sampioene se tekstuur laat jou amper dink aan dié van ’n stuk […]

’n Ma se roerende brief: ’Ek sal dit my lewe lank berou’

Chrisna Verwey, ’n enkelmamma van die Strand in die Wes-Kaap, skryf hier ’n brief uit haar hart. Sy vertel hoe dankbaar sy is dat haar twee kleuters oorleef het nadat hulle ’n jaar gelede by die dood omgedraai het. Sy vertel van die Here se goedheid en genade, en sy soebat almal wat haar brief […]

Ooreet jy? Soms laat jou emosies jou eet, en eet, en eet …

Die sogenaamde “emosionele ooreet” is meer algemeen as wat jy mag dink. Hierdie vergryp het allerlei gevolge, onder meer selfverwyt en dalk selfs depressie. Hoe kan jy verhoed dat dit (weer) gebeur?

Die sogenaamde “emosionele ooreet” is meer algemeen as wat jy mag dink. Hierdie vergryp het allerlei gevolge, onder meer selfverwyt en dalk selfs depressie. Hoe kan jy verhoed dat dit (weer) gebeur? Ai, hoekom is dit tog só lekker om jou kieste vol te stop? En vyf minute later voel jy soos die wêreld se […]

Tweede huwelik – wat sê my kind?

Baie mense ervaar dat ’n tweede huwelik hulle voor ’n keuse stel: my geluk teenoor my kind s’n. Want dit is ’n feit dat ’n hersaamgestelde gesin nie oornag ’n liefdevolle huisgesin word nie. Dit vra harde werk, baie geduld en hope liefde.

Baie mense ervaar dat ’n tweede huwelik hulle voor ’n keuse stel: my geluk teenoor my kind s’n. Want dit is ’n feit dat ’n hersaamgestelde gesin nie oornag ’n liefdevolle huisgesin word nie. Dit vra harde werk, baie geduld en hope liefde. Tweede huwelik: Maar wat is die kinders se behoeftes? “Jy is nie […]

Só laat jy jou introvert-kind blom

Is jou kind ’n introvert? Bekommer jy jou oor jou eenkantkind? Hier is raad om jou kind beter te verstaan en te help.

Is jou kind ’n introvert? inBekommer jy jou oor jou eenkantkind? Wens jy daar was ’n manier om hierdie kinders uit hul dop te laat kruip? Wanneer jy introverte en hul unieke eienskappe egter behoorlik verstaan, lyk die prentjie onmiddellik beter en kan jy sulke kinders help om hul voete in ’n ekstrovertgerigte wêreld te […]

Waardes: Ons wil leef soos ons glo

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak.

’n Gesin wat kies om die Here te dien, is ’n gesin wat besonderse waardes nastreef. Hulle weet hulle is nie hier om bloot te probeer inpas nie, maar om ’n daadwerklike verskil te probeer maak. Kies sterk waardes vir jou gesin Die wêreld het gesinne met sterk waardes nodig. Daarom is dit belangrik dat […]

Jou taalgebruik | Wanneer die tong vlam vat …

Jou taalgebruik | Wanneer die tong vlam vat. Ons praat te gou, te maklik. Ons praat voor ons dink. Ons tong en ons taal kort ’n dringende bekering.

Ons praat te gou, te maklik. Ons praat voor ons dink. Buitendien gebruik ons heeltemal te gereeld ou woorde en holruggeryde begrippe. Ons tong en ons taal kort ’n dringende bekering, ’n gans nuwe koers. “Dit is jou onvervreembare reg om ’n gek van jouself te maak. Niemand sal dié reg ooit van jou wegneem […]

Selfdood onder tieners | ‘My kind, my kind, hoekom?’

Wanneer daar weer berig word oor ’n tiener se selfdood, laat dit almal verslae. Sprakeloos. Magteloos. Hier is raad en hulp.

Wanneer daar weer berig word oor ’n tiener se selfdood, laat dit almal verslae. Sprakeloos. Magteloos. Is daar dan nie iéts wat ouers en vriende kan doen om so ’n tragedie te probeer verhoed nie? “Dit is onmoontlik om die waarde te meet van één lewe wat deur selfdood kortgeknip is.” Só sê mense van […]

Vrees en fobies: Bang ouers, bang kinders

Daar is baie wat ons aan ons kinders wil nalaat. Ons vrees en fobies is sekerlik nie deel daarvan nie. Maar onbewustelik is dit dikwels presies wat ons regkry. Hoe kan ouers dan hierdie ongewenste nalatenskap verhoed?

Daar is baie wat ons aan ons kinders wil nalaat. Ons vrese en fobies is sekerlik nie deel daarvan nie. Maar onbewustelik is dit dikwels presies wat ons regkry. Hoe kan ouers dan hierdie ongewenste nalatenskap verhoed? Die kenners sê daar is slegs twee vrese waarmee ’n mens gebore word: ’n vrees vir val en […]

Kyk nou ►