Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Wil jy jou kind se skermverslawing breek?

Voordele wat jy teen die einde van hierdie kursus kan verwag

Hier is ‘n paar ongelooflike voordele wat jy van ons kursus kan verwag wanneer jy die Happy Neuro Heroes-kursus deurloop en by ‘n Tegno-wyse Ouerskap-ondersteuningsgroep aansluit,   gefasiliteer deur Dr Marlena Kruger van die MindUnique Institute:
  • Maak weer goeie konneksie met jou kind/ers  
  • Jy behoort te voel asof jy jou kind teruggekry het. Jy sal weer ’n liefdevolle, vertrouensverhouding bou of herbou. Gesprekke vloei gemaklik en hegte verbindings word herstel en opgebou. Dit is hartverblydend om jou kind se leefwêreld weer te ontdek en hul wêreld met jou te deel.  
  • Sigbare verbeterings in jou kind se gedrag 
  • Merk ’n verbetering en sien ‘n hupstoot in jou kind se selfbeeld en emosionele intelligensie. Hulle sal hul eie potensiaal begin raaksien en jou vertrou om hulle te help ontwikkel en te groei. Die verandering sal beide bemagtigend en inspirerend wees. 
  • Herstel hoop vir jou kind se toekoms 
  • Jy sal hoop en praktiese raad kry om jou kind te help om suksesvol te wees en onafhanklik te word en ’n gesonde en gelukkige leefstyl te ontwikkel. Dit gaan daaroor om ‘n blink toekoms vir jou kind te sien en te weet jy kan hulle ondersteun om dit te bereik. 
  • Voel opnuut ‘n vertroue in jou ouerskapvaardighede 
  • Jy behoort soos ‘n beter ouer te voel, wat verstaan ​​wanneer om jou kind te ondersteun en wanneer om hulle ruimte te gee. Vertroue vervang onsekerheid en jy sal weet jy doen jou bes. 
  • Bring vrede en kalmte terug in jou huis 
  • Stel jou soggens en saans voor sonder chaos. Kinders sal luister en saamwerk met minder vloermoere en uitbarstings. Skermtyd sal onder beheer wees. Jou gesin sal gelukkiger en meer ondersteunend en verbind wees tot mekaar. 
  • Hou op om alleen te voel in jou ouerskapstryd.  
  • Sluit aan by ‘n gemeenskap van ouers wat jou reis verstaan. Ons is hier om mekaar te help! 
  • Jy is nie meer alleen op die tuimeltrein van ouerskap se uitdagings, met soms komplekse, kinders, tieners of jong volwassenes nie.  
  • Jy kry die ondersteuning wat jy nodig het – en jou kinders het ook jou nodig om hulle te begelei!  

Die kursus is ontwikkel deur TechnoLife Wise.