Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

LiG se onvergeetlike pelgrimsreise na Israel vind elke jaar plaas. Elke toer word spesiaal gemaak deur \’n ervare toerleier, musiek en Woorduitleg. LiG se toer is beproef en geskoei op 17 jaar se toerervaring.

Vir meer besonderhede kan Marius Greeff by greeffm@iafrica.com gekontak word, of by 082 936 3462 of 028 254 9602.

Inskrywings en deposito’s kan nou reeds gestuur word. ’n Beperkte aantal plekke is beskikbaar.

Van die hoogtepunte op ons toere is:

 

\’n Reis in die voetspore van Jesus

Om Israel te kan besoek is vir baie Christene soos ’n droom wat waar geword het.

Plekke waarvan jy in die Bybel gelees het – dalk so lank terug soos jou Kinderbybel-dae – gaan jou nou omring: Dit is hiér waar Matteus 5 se beroemde bergpreek gelewer is; en hier het Jesus die brood vermeerder. Hier het Hy op die water geloop; daar onder sy kruis gesteier …

Ons gaan weer van die belang­rikste Bybelse plekke besoek: Van Betlehem in die suide, waar God se liefde letterlik vir ons grondgevat het toe Jesus gebore is, tot by die See van Galilea in die noorde, waar Hy sy dissipels geroep het en waar Hy talle wonderwerke in die omliggende dorpies gedoen het.

Natuurlik kom Jerusalem ook aan die beurt, en Golgota waar Jesus die hoogste prys vir ons verlossing betaal het.

Dit alles maak Israel vir gelowiges baie meer as net nóg ’n toeristebestemming. Dit is ook ’n pelgrimstog wat jou geloof in God en jou verhouding met Hom sal verdiep.

Nou gaan jy jou Bybel ook ánders begin lees. Nasaret, Kana, Jerigo, Kapernaum, die Jordaanrivier, die Olyfberg – en natuurlik die See van Galilea en Betlehem en Jerusalem – gaan deel word van jou lewensreis.

Ja, jy kan en gaan die Goddelike teenwoordigheid ook hier beleef. Dalk soos nog nooit tevore nie …