Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Die Here weet wie jy is,’ sê Kamieskroon-boer vir almal wat bydraes stuur

“Hier is ’n dam wat my pa in 1971 gebou het. Dié dam lê al nege jaar droog.”

Berto Archer, ’n skaapboer van die Kamieskroon-omgewing in die Noord-Kaap, het aan Kerkbode, LiG se susterpublikasie, die dor gekraakte stuk grond gewys wat eens ’n vol dam was.

Dele van die Namakwaland is al nege jaar sonder goeie reëns. Die direkte gevolg vir Berto is 7 hektaar lusern wat tot niet is. Ook sy skaapkudde sterf stelselmatig. “Om oor nege jaar ’n kudde, wat jy oor geslagte opgebou het, te verloor is dramaties op enige ou se psige. 

“Dit dra oor na ’n gesin en na die gemeenskap want die boer verloor stelselmatig die kuddes waaruit jy ’n bestaan moet maak,” vertel Berto.

Maar mense wat omgee en bly bydraes stuur, hoe groot of klein ook al, bring hoop.

“Wanneer ons by boere met ’n skenking kom en hulle vra: ‘Wie het dit vir my gegee?’ antwoord ek: ‘Die Here weet wie hy/sy is’. Die Here weet waar jý boer. Hý weet waardeur jy gaan …” het ’n emosionele Berto oor die skenkings gesê wat via steunprojekte soos Red \’n Plaas en ander, gemeenskappe in nood bereik.

  • Maak ’n donasie deur hier te kliek en die instruksies te volg.
  • Die NG Kerk Noord-Kaapland, in samewerking met hul maatskaplike vennote Caritas Gemeenskapsfokus en Diakonia, www.kerkbode.co.za en die landbouorganisasie Agri Noordkaap,  vat vanjaar hande met RSG Red ’n Plaas-Camino. Die projek sluit ’n 166 km staptog in vanaf Williston tot by Verneukpan vanaf 14-22 April. Die doel met die projek is, weereens, om fondse in te samel wat gebruik sal word vir humanitêre hulp aan boere en landbougemeenskappe in die Noord-Kaap wat swaarkry. 

 

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.