Tieners se emosies – hoe kry jy jou kind om te praat?

Dalk voel dit vir jou of jou tienerkind ’n geslote boek is. Jou tieners se emosies veroorsaak behoorlik dat hulle soos ‘n boek toeslaan wanneer ’n gesprek na dieper, persoonlike dinge of emosies neig. En jy weet jy moet tog nie daaroor begin karring nie; jou geneul of kritiek of kwaai stemtoon sal net die […]
Ouers langs die sportveld

Om jou kinders op die sportveld te sien meeding, wek uiteenlopende emosies: opwinding, afwagting, hoop, maar ook senuweeagtigheid en selfs angs. Jy wil dolgraag hê hulle moet sukses behaal sodat julle almal trots kan wees. Maar die grens tussen gesonde aanmoediging en ongesonde druk is papierdun, en dit word maklik oorgesteek. Ouers se ego langs […]
‘n Gesonde huwelik begin en staan op vriendskap

Vriendskap is die vernaamste eienskap in ’n gesonde huwelik. Dié waarheid kom nie van gister af nie. In die Bybelboek Hooglied word die Hebreeuse woord raya gebruik om liefde te beskryf. En raya beteken “vriendskap”. Dr John Gottman, ’n bekende Amerikaanse sielkundige, sê: “’n Gelukkige huwelik is op ’n diep vriendskap gegrond.” Volgens die Gottman-instituut […]
Jou geld: Nou is die beste tyd om te begin

Ek onthou hoe ek as kind gedink het: “Eendag, as ek groot is, sal ek ryk wees.” Ek het toe reeds geweet dat ek dán aan beleggings en finansiële planne sal begin dink, en vol selfvertroue met grootmense oor geld sal praat. Wat niemand vir my gesê het nie is hoe vinnig “eendag” aan my […]
Moenie die Heilige Gees jou “silent partner” maak nie!

Vir die meeste van ons is die konsep van ‘n vennootskap nie vreemd nie. ‘n Vinnige Google-soektog verduidelik dat ‘n vennootskap ‘n ooreenkoms tussen minstens twee vennote is en dat die onderneming tot elke vennoot se voordeel is. Niks nuuts nie, of hoe? Maar het jy al aan die belangrikheid van ‘n vennootskap met die […]
4 beginsels om jou gesin finansieel te bemagtig

Gedurende die feestyd, te midde van gelag en lekker gesinsgeselsies, het ons op ‘n onderwerp beland wat dikwels meer angswekkend as lekker is: persoonlike finansies en hoe om jouself finansieel te bemagtig. Dit het begin toe ons oor my suster se oudste seun begin praat het. Hy het pas matriek voltooi en staan op die […]
‘Ons weet wat dit is om te veg vir oorlewing’

Hulle weet wat dit is om te veg vir oorlewing, sê Hennie en Amanda Lombard van Parow. Fisies en finansieel. Amanda vertel hoe sy in 1993 in Florida, Johannesburg by ’n OTM aangeval en sewe keer met ’n mes gesteek is. Slegs vier maande daarna was Hennie die slagoffer van ’n gewapende bankroof. “November 1993 […]
Weduwee ná 46 jaar se getroude lewe: ‘Die Here gee my die moed en die krag op my alleenpad’

Cornelia Horn van Louis Trichardt in Limpopo vertel hoe die Here haar dra in die hartseerdae ná haar omgeeman se dood. Te midde van al die aanpassings is sy hiérvan oortuig: “Die Here is altyd daar, al vra ons soms ‘Here, hoekom het dit gebeur?’” Toe my man Willie Horn einde Februarie 2019 aftree, was […]
Verander jou drome in finansiële doelwitte

Paul was ‘n seun wat in ‘n klein dorpie grootgeword het. Geld was skaars en geleenthede min. Sy gesin het nie baie gehad nie, maar hulle het vir mekaar gehad. Sy ouers het vir hom van kleinsaf geleer dat harde werk en vasberadenheid die sleutels tot sukses is. Paul het op ‘n vroeë ouderdom besef […]
Die Spreuke 31 vrou: Wat het sy van goeie finansiële beplanning geweet?

Die Spreuke 31 vrou is ’n ikoniese figuur wat besing word as die toonbeeld van deug en bekwaamheid. Sy is ’n vrou van edele karakter en word geprys vir haar werksetiek, wysheid en toewyding aan haar gesin. Sy dien as inspirasie en hulp vir vele, maar in ons moderne samelewing waar die verantwoordelikhede van vroue […]
