Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Ek vind my krag in God,’ sê 71-jarige pleegma van drie agterkleinkinders

DEUR CONETTE LE ROUX; FOTO: HENNIE VAN LOGGERENBERG / OCTA5

Die 71-jarige ouma Ella van Newton, Wellington het altyd daarvan gedroom om eendag ’n bekende sangeres te wees.

Intussen het Ella Hendricks se droom effens verander en is dit nou meer op haar kinders, kleinkinders en agterkleinkinders gemik. “Al is ek nie vandag bekend nie, sing ek steeds die hele tyd! En vandag droom ek eerder dat my kinders suksesvolle kinders van God sal wees. Dat hulle skool sal klaarmaak, universiteit toe sal gaan en uiteindelik hulle gemeenskap sal dien en ander sal help.”

LEES OOK: ‘Kos en geld is nie alles nie – liefde is,’ sê pleegma

Ouma Ella het moeilik grootgeword en moes reeds op die ouderdom van 12 skool verlaat en begin werk. “Ek het sonder goeie skoolopvoeding grootgeword, maar God het vir my wysheid gegee.”

Toe haar kleinkinders dwelms begin gebruik het sy gesien hulle drie kinders is onveilig. Sy het ingegryp en sien nou om na drie van haar agterkleinkinders.

“Ek wil ’n veilige en liefdevolle omgewing vir hulle skep om in groot te word. Maar, voor Mosaic vir ons blyplek en hulp verskaf het, was die lewe moeilik. Ons het geen elektrisiteit en water gehad nie. Ons moes ver stap vir water, het kerse vir lig gebruik en het op ’n klein gasstofie kos gemaak. Maar God het gesorg. Hy sorg altyd.”

LEES OOK: ‘Ek weet hoe dit voel om nie ’n ma te hê nie, daarom versorg ek sewe kinders,’ sê 62-jarige pleegma

Volgens Wikus van Rooyen van Mosaic is Ouma Ella se huis altyd vol kinders. “Haar liefde en omgee vir kinders is inspirerend,” sê hy.

Ouma Ella sien nou uit na Kersfees en na tyd saam met haar familie wat mekaar nie deur die jaar te siene kry nie. “Al my kinders kom by my huis bymekaar vir ’n diens op Jesus se geboortedag. Ons geniet mekaar en kuier saam.”

Haar wens is dat Suid-Afrikaners mekaar wérklik sal liefhê. “Ons moet in harmonie met mekaar leef. Ons moet mekaar opbou en nie mekaar afbreek nie. Te veel mense het niks goed vir mense om hulle oor nie, en behandel hulle sleg. Dit is nie wat God van ons vra nie! Hy wil hê ons moet mekaar liefhê.”

  • Mosaic, ’n nie-winsgewende organisasie wat pleegma’s ondersteun, en fotograaf Hennie van Loggerenberg van Octa5 en sy vrou Katie het vroeër vanjaar (2022) Mosaic-pleegma’s regoor Suid-Afrika bederf deur hulle mooi te maak en gestileerde foto’s (vir die meeste van hulle ’n eerste) van elkeen te neem. Dié foto’s pryk nou in ’n koffietafelboek genaam Hope lives here.
Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.