Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Om my dogter se kinders groot te maak is ’n tweede kans vir my,’ sê 65-jarige pleegma

DEUR CONETTE LE ROUX; FOTO: HENNIE VAN LOGGERENBERG / OCTA5

“Om my dogter se twee kinders groot te maak is soos ’n tweede kans vir my,” sê dié 65-jarige pleegma van Gqeberha.

Khanyelwa Saki vertel sy kon nie haar eie dogter grootmaak nie omdat sy te jonk was toe sy aan haar geboorte gegee het. Haar dogter is toe deur die pa se familie grootgemaak, maar sy is intussen tragies oorlede.

LEES OOK: ‘Ek weet hoe dit voel om nie ’n ma te hê nie, daarom versorg ek sewe kinders,’ sê 62-jarige pleegma

Khanyelwa se twee kleinkinders bring daarom vir haar troos omdat sy vir húlle kan sorg. “Ek doen my bes vir my kleinkinders. Ek wil nie hê hulle moet so swaar grootword soos ek het nie. Ek maak seker dat hulle alle skoolbenodigdhede het en dat hulle goed gevoed word.”

Drie van Khanyelwa se ander kinders is ook reeds oorlede en sy het net een seun oor: “My enigste lewende kind gebruik dwelms sedert 1997 en hy het reeds skool op die ouderdom van 11 verlaat.”

Ook Khanyelwa kon nie haar skoolloopbaan voltooi nie omdat sy noodgedwonge op 15 as huiswerker moes begin werk. Haar droom van onderwyser word het dus in die slag gebly, maar daarom wil sy nou haar twee kleinkinders help om húlle drome te vervul.

“As ek een woord moet gebruik om myself te beskryf is dit ‘sterk’. Ek het al uitgehou en aangehou ten spyte van soveel uitdagings. Ek beweeg altyd vorentoe.

“’n Mens moet ook onthou dat pyn nie vir altyd hou nie. Dit gaan ook verby …”

Vir Kersfees gaan Khanyelwa en haar kinders voluit. “Ek staan baie vroeg op om te begin kook en voorbereidings te doen. Gedurende die dag braai ons, eet baie vleis en sal my kleinkinders in hulle nuwe Kersdaguitrustings pryk. Kersfees is vir my familietyd …”

*Mosaic, ’n nie-winsgewende organisasie wat pleegma’s ondersteun, en fotograaf Hennie van Loggerenberg van Octa5 en sy vrou Katie het vroeër vanjaar (2022) Mosaic-pleegma’s regoor Suid-Afrika bederf deur hulle mooi te maak en gestileerde foto’s (vir die meeste van hulle ’n eerste) van elkeen te neem. Dié foto’s pryk nou in ’n koffietafelboek genaamd Hope lives here.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF