Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

PROMOSIE WhatsApp-veilings: Model bied geleentheid om skenkings in inkomste te omskep

Kerke, ouetehuise, sorgsentrums, hospiese, skole of organinasies wat ’n positiewe impak wil maak is dikwels afhanklik van skenkings.

In ’n tyd waar baie instellings hul bestaansreg moet verdedig te midde van stygende kostes en dalende bydraes, bied CiviNovus, deur die Caritas-veilingstelsel, ’n vars benadering – een wat gemeenskapslede aktiveer en aanmoedig om sélf deel van die oplossing te wees.

Die model is eenvoudig, maar effektief: Skenkings word omskep in inkomste deur ’n digitale veilingstelsel wat deur en vir die gemeenskap bestuur word.

Die Caritas-veilingstelsel is een van sy nuutste en mees innoverende ondernemings – ontwerp om gemeenskappe te help om finansiële volhoubaarheid op eie grondslag te bereik. Wat begin het as ’n eksperiment in ’n plaaslike konteks, het ontwikkel in ’n gestruktureerde model wat wyd toegepas kan word. Die model is spesifiek gerig op klein tot mediumgrootte gemeenskapsinstellings soos kerke, ouetehuise, skole en hospiese, wat dikwels sukkel om fondse in te samel sonder toegang tot groot netwerke of finansiële ondersteuning.

Die CiviNovus Caritas-veilingstelsel stel enige organisasie in staat om ’n WhatsApp-groep te gebruik as ’n platform vir ’n veiling. Deur skenkings van items (of gedeeltelike skenkings), word produkte op die groep gelys en gemeenskapslede bie daarop. Die hoogste bod wen, en die opbrengs gaan direk na die instansie wat die veiling aanbied. CiviNovus voorsien ’n omvattende handleiding, ’n lisensiëringsooreenkoms, opleiding en ondersteuning, asook ’n regverdige kommissie- en fooi-struktuur. Die hele proses is ontwerp om maklik gebruik te kan word – selfs deur vrywilligers sonder tegniese opleiding – en vereis minimale administrasie. Wat dit uniek maak, is dat dit nie afhanklik is van duur platforms of sagteware nie, maar eerder die krag van bestaande netwerke benut.

Die konsep vir die CiviNovus WhatsApp-veilingstelsel het ontstaan vanuit een van die gevallestudies in die boek CariBuntu deur prof Erwin Schwella – ’n publikasie oor leierskap en goeie bestuur in ’n Suid-Afrikaanse konteks. In die boek word die verhaal van die NG Kerk Albertinia vertel, waar ’n eenvoudige maar doeltreffende veilingmodel oor WhatsApp gebruik is om fondse in te samel vir die gemeente se behoeftes. Hierdie model het gewys dat gemeenskapslede reeds die nodige middele en netwerke het – al wat kortkom, is ’n gestruktureerde stelsel, begeleiding en ’n bietjie kreatiwiteit. CiviNovus het hierdie beginsels geneem en ’n volhoubare, herhaalbare en toepaslike weergawe ontwikkel wat enige organisasie kan gebruik.

Tydens die ontwikkeling van hierdie model is verskeie prototipes suksesvol getoets in plaaslike gemeenskapskontekste. In elke geval is fondse nie net effektief ingesamel nie, maar die deelnemende gemeenskappe het ook nuwe vlakke van betrokkenheid en samewerking beleef. Deelnemers het dit as toeganklik en opwindend ervaar, met positiewe terugvoer oor hoe dit hul vertroue in tegnologie en gemeenskapsinisiatiewe versterk het. Hierdie praktiese toetse het gewys dat die stelsel werklik werk – nie net in teorie nie, maar in die werklikheid van gewone mense se lewe.

Die veilingstelsel is ideaal vir kerke wat nuwe maniere soek om hul bediening te finansier; ouetehuise, sorgsentrums en hospiese wat afhanklik is van skenkings; skole of organisasies met gemeenskapsverbintenisse; en selfs vir sosiale entrepreneurs wat projekte begin met ’n hart vir impak. Die stelsel skaal maklik volgens behoefte – of dit nou R5 000 of R50 000 is wat ingesamel moet word. Dit is inklusief, koste-effektief en gerig op langtermyn volhoubaarheid.

Die CiviNovus Caritas-Veilingstelsel is meer as ’n diens – dit is ’n model vir hoop, rentmeesterskap en gemeenskapsvernuwing. In ‘n wêreld waar hulpbronne beperk is maar kreatiwiteit oorvloedig is, bied hierdie stelsel ’n praktiese manier om ’n verskil te maak. Ons help mense om mense te help.

  • CiviNovus is ’n gevestigde nie-winsgewende maatskappy (NPC) wat met visie in die veld van gemeenskapsontwikkeling, sosiale entrepreneurskap en rentmeesterskap funksioneer. CiviNovus het voorheen as diensverskaffer aan die Sentrum vir Sosiale Innovasie (SSI) te Wellington opgetree, en hoewel dit nie meer ’n voltydse rol vervul nie, bly dit verbind tot die beginsels van volhoubare ontwikkeling en gemeenskapsgerigte oplossings.
No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF