Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

‘Wees lief vir jou kinders met jou woorde, dade,’ sê pleegma van drie

DEUR CONETTE LE ROUX; FOTO: HENNIE VAN LOGGERENBERG / OCTA5

“My grootste prestasie in die lewe is die ma wat ek is en die kinders wat ek grootgemaak het. Ek het nie gedink ek kan dit doen nie.”

Dié 57-jarige pleegma van drie, Sannah Soulo van Potchefstroom, se eie ma was haar rolmodel. “Sy het deur haar voorbeeld gelei. Almal was altyd welkom. Sy was ’n pleegma vir talle kinders en na haar dood het ek net met haar nalatenskap voortgegaan.”

LEES OOK: ‘Kos en geld is nie alles nie – liefde is,’ sê pleegma

Sannah se enigste biologiese kind is oorlede, en daarom is dit vir haar ’n groot voorreg om iemand anders se kinders as haar eie groot te maak. Hulle is Sannah se trots: “My kinders kan sing, bid, vir ander berading gee én het omgeeharte.”

Louise Conradie, Mosaic se medestigter, vertel: “Sannah is al vir baie jare my kompas. Haar storie was die inspirasie vir die hele Mosaic-model. Ek en my man (Meyer) het ’n skildery van haar laat maak wat in ons sitkamer hang. Dit is om ons elke dag te herinner waarom ons doen wat ons doen by Mosaic. Sy is my held.”

Sannah vertel dat hulle vanjaar weer as familie vir ’n Kerspiekniek bymekaar gaan kom. “Dis ons tradisie om elke jaar Jesus se geboorte op te voer en uit Lukas 2 te lees.”

‘Ek vind my krag in God,’ sê 71-jarige pleegma van drie agterkleinkinders

Haar boodskap aan ander is: “Wees lief vir kinders. Wees lief vir hulle met jou omgee (dade). Wees lief vir hulle met jou woorde. Wees soos koning Salomo. Wees wys. Kies die wysste, vriendelikste woorde om jou kinders te lei.”

Mosaic, ’n nie-winsgewende organisasie wat pleegma’s ondersteun, en fotograaf Hennie van Loggerenberg van Octa5 en sy vrou Katie het vroeër vanjaar (2022) Mosaic-pleegma’s regoor Suid-Afrika bederf deur hulle mooi te maak en gestileerde foto’s (vir die meeste van hulle ’n eerste) van elkeen te neem. Dié foto’s pryk nou in ’n koffietafelboek genaamd Hope lives here.

Geborg

Getuienisse wat deur LiG gepubliseer word, weerspieël die skrywer se persoonlike ervaring en mening. Dit word geplaas soos ontvang en ons dra geen verantwoordelikheid vir die inhoud nie. Die verhale is nie bedoel as mediese of geestelike advies nie.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF