Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

#leefLiGter die volgende 40 dae: ‘Ander se getuienisse help ons om verby vrees en verdriet te kyk’

’n Vrou wat eens ’n gebroke kinderhuiskind was, getuig vandag hoe God haar lewe lánk vooruit beplan het en dat daar áltyd ’n uitweg en hoop saam met Hom is. ’n Ma, wat tans saam met haar 3-jarige kind teen kanker stry, is dankbaar dat hulle Jesus ken en vandag ’n getuienis van Jesus se liefde kan wees.

DAG 1: Die geduldige Leermeester 

Getuienisse soos hierdie help die LiG-span en ons lesers om weer die hoop raak te sien wat in die donker glimmer, sê Francine Prins, die gedrukte LiG se redakteur. Vir Conette le Roux, LiG se webredakteur, is dié “hedendaagse gelykenisse” soos petrol vir haar geloofslewe.  “Wanneer ek twyfel of dalk ’n moeilike tyd in my lewe ervaar, tel stories soos hierdie my op en inspireer dit my om daagliks te volhard.”

DAG 2: Jesus se liefde verdryf álle vrees

Daarom het LiG en ons susterpublikasie Kerkbode, besluit om in hierdie Lydenstyd – die aanloop tot Paasfees – 40 dae van #leefLiGter aan te pak. Elke oggend om 6:00 word die dag se kort video-oordenking, saam met ’n Skrifgedeelte en inspirasie-skakel vir dieper delf, op LiG se Facebookbladsy en Instagramrekening geplaas.

“Ja, hierdie lewe ís nie maklik nie, en eintlik moet ons dankbaar wees daaroor. Want swaarkry kweek ’n egte geloof wat kosbaarder is as enige besitting of rykdom. Ons gebed is dat jy weer jou ritme in pas met Jesus sal vind,” sê Francine.

Die #leefLiGter-reeks het reeds op 22 Februarie 2023 afgeskop.

 

 

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF