Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

6 wenke vir jou begroting en finansies

Begroting en finansies

‘n Positiewe uitkoms is baie maal onderhewig aan jou vermoë om gewigtige sake gedissiplineerd aan te pak en te bestuur. Dit is veral die geval met ons finansies, en wanneer ons ‘n begroting opstel. Maar alte dikwels skram ons weg daarvan, hetsy dit oor onkunde of ‘n gebrek aan dissipline is.

Hier is 6 wenke om oor te gaan in aksie om daardie begroting op te stel.

1 Begroot en beplan

Finansiële beplanning is van kardinale belang deur die loop van jou lewe. Dit is soos ’n globale posisioneringstelsel (GPS) wat vir jou die eindbestemming aandui, hoe lank dit gaan neem om daar uit te kom, en of daar versperrings, opeenhopings of ontoeganklike paaie is. Teen die huidige brandstofprys sal jy nie net in jou kar spring en na ’n plek toe ry wanneer jy nie die paaie ken of nie seker is hoe ver dit is nie, maar dit is presies hoe baie mense hul finansiële reis benader.

Geborg

2 Van uitstel kom afstel

Ek verstaan dat ‘n begroting, die bestuur en beplanning van geldsake ’n gewigtige taak is waarvan mense maklik wegskram en dink: “Hoe minder ek weet, hoe beter.” Dit is egter juis hierdie benadering wat veroorsaak dat die swaarmoedigheid hulle later oorval wanneer hulle aftree en nie genoeg voorsiening gemaak het nie. In baie gevalle is dit dikwels dan te laat om ‘n oplossing te vind en word jy nie net genoodsaak om drastiese leefstylaanpassings te maak nie, maar in sommige gevalle word mense dan afhanklik van kinders en uitgebreide familie wat nadelig is vir alle partye.

3 Gaan oor tot aksie – stel daardie begroting op!

Elke leser se grootste bate is die vermoë om ’n inkomste te verdien, wat beperk word deur ons kosbaarste kommoditeit, naamlik tyd. Tyd is jou reisgenoot wat oor die lang termyn saamgestelde opbrengste bring, en daarom moet ’n mens die tyd tot jou beskikking eer, respekteer en tot jou voordeel aanwend. Moenie kop in die sand leef nie – besluit oor die toekoms wat jy wil hê. Wanneer ons bewustelik ons gedagtes orden, gee dit rigting aan ons besluitneming, wat ’n direkte invloed op die verwesenliking van ons doelwitte het. ‘n Begroting kan help om daardie rigting aan te dui.

4 Kry advies

Jy voel miskien jou finansiële geletterdheid en kennis van ‘n begroting of beleggings is gebrekkig, maar dit is regtig nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te verstaan hoe alles werk nie, maar dit is belangrik dat jy gaan aanklop by iemand wat jou met kundige advies en leiding kan bystaan. ’n Finansiële adviseur word dan soos jou GPS wat deurlopend verseker dat jy op koers bly, en alternatiewe roetes kan voorstel soos wat jou persoonlike omstandighede verander. Lees ook ons artikel oor vroue en finansiële beplanning.

5 Wees konsekwent

Wanneer jy ’n finansiële plan in plek het, hou daarby en maak jaarlikse afsprake met jou adviseur om jou plan te hersien – net soos jy jaarliks jou tandarts of dokter besoek, want net soos liggaamlike gesondheid, is finansiële welstand deel van die faktore wat jou lewensgehalte bepaal.

6 Vryheid is binne jou bereik

As jy verbetering in jou lewe en omstandighede wil sien, moet jy proaktiewe planne in plek stel om seker te maak jy beweeg in die regte rigting. Finansiële vryheid en sekuriteit kan verkry word deur beplanning, toewyding en deursettingsvermoë. Die keuse lê egter by jou – gaan jy die geleentheid (geleende tyd) gebruik?

Gesels gerus met ’n finansiële adviseur om meer duidelikheid te kry oor jou finansiële pad vorentoe.

Jacqui Kruger het hierdie artikel geskryf. Sy is ’n finansiële adviseur by PSG Silver Lakes. Sy kan gekontak word by jacqui.kruger@psg.co.za of 071 491 8004. PSG Wealth Financial Planning (Pty) Ltd is ‘n gemagtigde finansiële diensteverskaffer. RFD 728

Projek 108

Jy kan ons help nog meer Bybels versprei en die Evangelie verkondig

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir Jesus leer ken

Kinderpret-leesreeks Storietyd

Beleef ‘n pret, leersame en avontuurlike leesreis vir jong lesers

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders

Laat ‘n Ligspoor

Laat kinders leef met lig, lag en liefde

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF