Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Ly ek aan sensoriese oorlading?

Sensoriese oorlading

Sensoriese oorlading is toenemend iets waarmee ouers en kinders wroeg. Want elke ervaring wat ons het, is ‘n sensoriese ervaring. Daarom is sensoriese verwerking veral belangrik vir ons welstand en gesondheid, en om te verstaan wat sensoriese oorlading is. Só sê prof Winnie Dunn, professor in Arbeidsterapie. Dr Catherine Cavaliere is ‘n mede-professor in arbeidsterapie […]

10 dinge wat jy oor sensoriese gesondheid moet weet

Sensoriese gesondheid

Sensoriese gesondheid verwys na hoe die brein en liggaam sensoriese insette ontvang, organiseer en daarop reageer. Dit beïnvloed byna elke aspek van ons daaglikse lewe. Wanneer die senuweestelsel nie daarin slaag om sensoriese inligting effektief te verwerk nie, is die resultaat gewoonlik disregulering wat stres, angs en ander geestesgesondheidsuitdagings kan veroorsaak. Hier is 10 dinge […]

Aftrede en daardie moeilike gesprekke oor geld

Hoe ondersteun ’n mens geliefdes wat op die drumpel van aftrede staan? Mense wie se finansiële werklikheid nie is soos hulle gehoop het dit gaan wees nie? Of is jý dalk naby aan aftrede en op jou senuwees oor jou eie situasie? Daar is nie ’n enkele korrekte benadering tot hierdie onderwerp nie, want elkeen […]

Pak digitale finansies vol vertroue aan

Digitale finansies

Verlang jy na die dae toe ’n kind op ’n fiets vars melk of die koerant op jou voorstoep afgelewer het? Toe jy poskantoor toe kon gaan om ‘n brief te pos of toe jy tjeks vir betalings kon uitskryf? Die wêreld het verander – en die wêreld van digitale finansies soveel te meer. Byna […]

Loop lig vir sulke finansiële slenters

Loop lig vir 'n finansiële slenter

Die ou wat die vleis braai begin vertel van sy neef se vriend se neef (‘n “Jannie”, blykbaar). Dis geen finansiële slenter nie! Hy spog met die ongelooflike geleentheid terwyl hy die boerewors sommer met sy hande omdraai. Dan vertel hy entoesiasties verder: Sy geld het in vier maande verdriedubbel! “My neef sê Jannie het […]

Hoe gemaak met kinders wat jok?

Jy kan dit aan jou kind se lyftaal sien: dít is nie die waarheid nie. En jy kners by voorbaat op jou tande. Hoe gemaak met kinders wat die waarheid verdraai – of sommer blatant jok?

Jy kan dit aan jou kind se lyftaal sien: dít is nie die waarheid nie. En jy kners by voorbaat op jou tande. Hoe gemaak met kinders wat die waarheid verdraai – of sommer blatant jok? Kinders wat jok kan vir ouers ´n gewetenswroeging wees. Ons wil almal graag kinders grootmaak wat eerlik en verantwoordelik […]

Gebed vir my kinders | 5 kort gebede as jy sukkel om te bid

Ons weet intuïtief dat ons nie alles vir ons kinders kan wees nie. Dat ons hulle gereeld aan ons Hemelse Vader moet opdra, soos Dawid ook sy seun Salomo aan God opgedra het. Jy sê dalk: “Gebed vir my kinders kom nie spontaan nie”. Dan kan hierdie kort gebede help wanneer jy wonder hoe om […]

Hoe help ek my tiener met depressie?

Depressie in tieners

Tienerwees is sinoniem met gemoedskommelinge, waarvan neerslagtigheid een is. Indien ‘n swaar gemoed by jou tiener egter langdurig is en nie vanself verbeter nie, mag dit op iets dieperliggends dui. Depressie in tieners is immers ‘n werklikheid.  “Om die waarheid te sê, die erns en intensiteit van depressie by kinders is net so groot soos […]

Geestelike bewustheid: Leef ligter met hierdie vyf wenke

Christelike bewustheid help ons om God in die oomblik te ontmoet.

Die teoloog Beverly Lanzetta sê oor die leefwyse van Christelike bewustheid: “Om aandagtig te lewe, is ’n lewensingesteldheid. Mense wat volledig in die ‘hier en nou’ is, sien dinge soos dit werklik is. Hul hart is ontvanklik, hul oë en ore oop, hul gedagtes sonder vooroordeel. Hulle is liggaam en siel ‘in die oomblik’.”As gelowiges […]

Jou geestelike welstand: vyf praktyke wat jou lewe sal verryk

Geestelike welstand

“Lees jou Bybel, bid elke dag, en jy sal groei, groei, groei …” Baie gelowiges ken hierdie ou kinderliedjie, wat eintlik handel oor twee praktyke wat jou geestelike welstand bevorder, naamlik om gereeld te bid en om Bybel te lees. Vir vele het hierdie goeie geloofsgewoontes egter afgewater geraak en ’n haastige vyf minute met […]

Kyk nou ►