Verlang jy na die dae toe ’n kind op ’n fiets vars melk of die koerant op jou voorstoep afgelewer het? Toe jy poskantoor toe kon gaan om ‘n brief te pos of toe jy tjeks vir betalings kon uitskryf? Die wêreld het verander – en die wêreld van digitale finansies soveel te meer.
Byna alles vandag kan aanlyn op ’n toestel gedoen word. Jy hoef omtrent nooit meer in ’n ry by die bank te staan nie! Finansiële tegnologie verander daagliks die manier waarop ons geld hanteer. Alhoewel hierdie vooruitgang gerief bied, kan dit oorweldigend wees om die veranderinge te omhels. Hoe kan ons as Christene hierdie verskuiwing met geloof, wysheid en vertroue benader?
Digitale finansies, Bybelse wysheid
Terwyl moderne finansiële hulpbronne, soos aanlyn bankdienste, digitale winkels en elektroniese subskripsies baie vreemd mag voel, bied die Bybel vir ons beginsels vir goeie rentmeesterskap wat deur die eeue nog bly staan. Een van die belangrikste beginsels is dat ons verantwoordelik en wys moet optree met dit wat vir ons gegee word en altyd die Here daarmee eer.
Spreuke 3:5-6 leer ons om op die Here te vertrou en nie op ons eie insigte staat te maak nie. Vra jouself af of jy die Here eer met dit waarop jy jou geld spandeer en bid aanhoudend vir leiding en wysheid daarvoor.
Spreuke 3:5-6
Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou op die regte pad laat loop.
Oorkom jou vrees vir tegnologie en digitale finansies
Dalk lees jy nie meer elke dag die fisiese koerant nie, en ontvang jy nie meer al jou rekeninge in die pos nie. Dít gebeur op jou slimfoon of tablet, want dit is hoe media en dienste oor die jare verander het.
Tegnologie en digitale finansies is oral om ons en dit het in baie opsigte ons lewe vergemaklik en selfs veiliger gemaak. Baie mense is nog huiwerig om toestelle en digitale finansiële hulpbronne met hulle persoonlike inligting, veral finansiële inligting, te vertrou. Alhoewel dit vreemd mag voel, is die meeste finansiëletegnologiehulpbronne baie veilig en jou inligting word goed beskerm.
Net soos ons met ander veranderinge in die lewe aanpas – met vertroue in God en gedurige gebed – kan ons finansiële tegnologiese verandering ook met vertroue en ’n oop kop aanpak.
Die voordele van veilige digitale finansiële oplossings
Een van die grootste voordele van digitale finansies is sekuriteit. As gevolg van digitale transaksies hoef ’n mens nie meer met kontant rond te loop nie. (Wanneer laas het jy iets met kontant betaal?)
Tegnologie verminder die risiko van diefstal en maak transaksies baie vinniger. Dink net hoe gerieflik dit geraak het om jou inkopies in die gemak van jou eie huis aanlyn te doen en dit te laat aflewer!
Finansiëletegnologiemaatskappye, soos Kastelo, het ook talle voorsorgmaatreëls teen bedrog en diefstal in plek, en persoonlike inligting word veilig gestoor. Jy kan dus met ekstra gemoedsrus jou rekeninge aanlyn betaal, inkopies doen en selfs geld wissel om net ’n paar voorbeelde te noem.
’n Getroue benadering tot moderne finansies
Soos ons die digitale wêreld van finansies navigeer, moet ons seker maak dat ons goeie rentmeesters van ons finansies is en dit op ’n verantwoordelike manier bestee. Ons moet goed ingelig wees oor die besluite wat ons neem om die seëning daarvan te kan ontvang, soos daar in Spreuke 21:5 geskryf staan.
Doen deeglik navorsing oor die dienste wat jy gebruik en maak altyd seker dat dit ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer is voor jy enige persoonlike inligting invul of transaksies doen.
By Kastelo verstaan ons die belangrikheid van finansiële rentmeesterskap en sekuriteit. Ons finansiëletegnologie-oplossings is ontwerp om finansiële bestuur eenvoudig, veilig en in lyn met jou waardes te maak.
Deur finansiële tegnologie te aanvaar, beteken nie om weg te beweeg van geloof nie – dit beteken om die hulpbronne wat tot ons beskikking is, met wysheid en vertroue in God se voorsiening te gebruik. Laat ons saam met vertroue vorentoe beweeg, met die wete dat geloof en finansies hand aan hand kan gaan in vandag se digitale wêreld.
Kastelo is ‘n geregistreerde en gemagtigde finansiële diensverskaffer (FDV 51074), wat deur die Finansiële Sektor Gedragsowerheid en die Suid-Afrikaanse Reserwebank goedgekeur is. Hulle kan ook per e-pos gekontak word.
Hierdie artikel is deur Daniëlle Terblanche geskryf