Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Search

Aftrede en daardie moeilike gesprekke oor geld

Hoe ondersteun ’n mens geliefdes wat op die drumpel van aftrede staan? Mense wie se finansiële werklikheid nie is soos hulle gehoop het dit gaan wees nie? Of is jý dalk naby aan aftrede en op jou senuwees oor jou eie situasie?

Daar is nie ’n enkele korrekte benadering tot hierdie onderwerp nie, want elkeen se reis is uniek. In hierdie artikel beskryf ons die beste moontlike manier: ’n geïntegreerde benadering wat maklik uitvoerbaar is en die invloed van uitwendige stimuli en innerlike emosies in ag neem. Ons delf in die kognitiewe- en gedragswetenskappe, strategiese beginsels uit die besigheidswêreld en natuurlik eerste beginsels vanuit die Bybel – die lamp vir ons voete en die lig vir ons pad (vgl Psalm 119:105).

In Efesiërs 6 praat Paulus oor die wapenrusting wat ons elke dag moet aantrek. Daarom gaan ons saam die raamwerk “WAR”  aanpak, deur die lens van die kind wat ‘n ouer moet ondersteun, én die ouer wat moet aftree. (W)ord Bewus. (A)anvaar Vennootskap. (R)aak Slim

#1 WORD BEWUS van jou binneste en die implikasies daarvan

In Psalm 139:23 vra koning Dawid aan God: “Deurgrond my, o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak”

Finansiële gesprekke begin by selfinsig en eerlikheid. Word bewus van die stories wat jy vir jouself vertel, jou oortuigings oor geld en waardigheid, jou verwagtinge, bekommernisse en hoe jy oor finansiële hulp dink en reageer.

Die kind: Wil help, maar voel magteloos

Liewe kind, jy as volwassene mag dalk verlies-aversie ervaar, waar jy ’n sterk begeerte het om te help. Maar sonder die regte woorde, gereedskap of toestemming om dit te doen, stel jy dit dikwels uit omdat die emosionele wrywing groter as die voordele om aksie te neem, voel. Die implikasie is belangrike finansiële gesprekke wat vermy en uitgestel word.

Die ouer: Trots ontmoet vrees

Liewe ouer, om hulp te aanvaar kan soos ’n erkenning van mislukking voel. Dit veroorsaak kognitiewe onenigheid. Dit lei op sy beurt na ‘n voorkeur om verandering te weerstaan en finansiële gesprekke te vermy. Selfs al kan daardie gesprekke verligting bring. Terselfdertyd weeg onderliggende finansiële vrese oor aftrede en om outonomie te verloor, swaar op jou. Die finansiële implikasie is dat hierdie innerlike konflik dikwels tot geen aksie lei, selfs in kritieke tye.

#2 AANVAAR VENNOOTSKAP om saam te werk

In 1 Johannes 1:7a sê dit: “As ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar.”

Om die gaping van finansiële spanning na vennootskap te oorbrug, vereis emosionele intelligensie en wedersydse respek, net soos in ’n suksesvolle besigheidsvennootskap. Wanneer beide ouer en kind voel hulle word gehoor, begin die werklike strategie.

Kyk na die situasie deur ‘n gesamentlike doelwit op te stel en gebruik “ons” eerder as “ek” of “jy”. Kognitiewe herformulering verander die betekenis van ’n situasie doelbewus. Jy kan hulp herdefinieer as ’n aktiewe vennootskap eerder as ’n afhanklikheid. Dit herformuleer die ouer se vrees om onafhanklikheid te verloor en die kind se onsekerheid oor hul rol in die situasie.

Mense floreer wanneer hulle waardevol voel. Skep dus ’n ruimte waar beide partye aktief kan bydra tot die gesprek.

#3 RAAK SLIM met geldgewoontes

Die sleutel tot ‘n goeie aftrede is om op klein oorwinnings te fokus.

Vra jouself die vraag wat God aan Moses gevra het: “Wat is in jou hand?” Sit saam met die Heilige Gees en luister mooi na die leidrade oor hoe om dit wat jy het, te gebruik as ’n kreatiewe bron van inkomste. Vir sommige mense is dit eiendom, vir ander dalk ’n ervaring of ’n vaardigheid.

Soos Paulus in Hebreërs 12 sê: “Laat ons elke las aflê”. Kyk met eerlikheid na jou maandelikse uitgawes en vra jouself watter laste jy dra wat verminder of afgeskaf kan word. Miskien woon jy in ’n huis wat groter is as wat jy werklik nodig het. ’n Skuif na ’n kleiner spasie kan ’n groter impak hê, soos laer elektrisiteitskostes en minder instandhouding. Of dalk betaal jy steeds vir dienste wat jy nie meer gebruik nie. Kyk waar jy vir jouself spasie kan skep om asem te haal.

Kry ’n gratis konsultasie met ’n geregistreerde finansiële beplanner en stel ’n gesamentlike spaar- of beleggingsdoel op.

Vind meer uit oor alternatiewe beleggingsgeleenthede wat buite die tradisionele modelle en hoë fooistrukture funksioneer. Die kan jy doen deur op te lees en betroubare mense te raadpleeg. Dit is belangrik om altyd seker te maak dat die diensverskaffer ’n geregistreerde finansiële instansie is wat deur die FSCA (Financial Sector Conduct Authority) en die SARB (Suid-Afrikaanse Reserwebank) gemagtig is.

By Kastelo bied ons juis van hierdie geleenthede, met ’n opregte hart vir jou en jou pad na finansiële vryheid.

Kastelo is ‘n geregistreerde finansiële diensverskaffer (FSP 51074), wat deur die FSCA en SARB goedgekeur is. Vir meer inligting, kontak Kastelo by client-services@kastelo.co.za of besoek https://www.kastelo.co.za/signup/afr/

Deur Ulindi Cloete

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF