Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Beplan saam met God

DEUR SIMONE GAUCHE

Ek kry gereeld met die wanopvatting te doen dat gelowiges nie mag beplan of mag voorsorg tref nie. Daar word gesê ons moet alles in die Here se hande laat. Ons moet “Gods water oor Gods akker” laat loop. En as ons bloot vertrou, sal alles uitwerk soos dit moet.

Dis tog nie hoe die Here bedoel het ons moet leef nie!

Gelowiges is in die bevoorregte posisie dat hulle, deur hul verhouding met die lewende God, groter insig in en meer wysheid oor God se plan vir hul toekoms kan hê. Dit stel hulle juis daartoe in staat om beter te beplan en hul lewe met groter wysheid in te rig.

Josef in Egipte

Dink maar aan Josef se lewensreis. Josef se broers het hom as ’n slaaf verkoop. Hy word in die tronk gegooi. Terwyl hy daar is, droom die Egiptiese farao twee vreemde drome: Maer koeie eet vet koeie, en skraal are eet vet are. Niemand kan die farao sê wat sy droom beteken nie.

LEES OOK: Vreugde sonder vrees

Hier tree Josef na vore, die regte man op die regte tyd. Toe die farao sy hulp inroep, is sy antwoord eenvoudig: “Nie ek nie! God gee dié goeie antwoord vir u” (Gen 41:16).
Ná die aanhoor van die vreemde drome sê Josef: “Wat God wil doen, het Hy aan u meegedeel” (Gen 41:25).
Ons ken die storie. Daar sou sewe oorvloed-jare kom, gevolg deur sewe hongersnood-jare. Maar nou kon die farao hiervoor beplan, veertien jaar vooruit.
Josef kom met ’n voorstel: “U moet beamptes vir die hele land aanstel en die land tydens die sewe jaar van oorvloed behoorlik organiseer” (Gen 41:34).

Die voordeel wat ons as God se kinders het, gaan gepaard met ’n verantwoordelikheid. Om by die Almagtige se voete te mag sit en te hoor wat Hy in ons oor fluister, noop ons om te reageer op wat ons hoor. Ons moet ons inspan om die inligting te gebruik. Ons moet ons lewe daarrondom beplan.

Nee, beplanning is nie teen God se wil nie. Inteendeel. Gods water sál oor Gods akker vloei, maar as God se kinders het ons die roeping en verantwoordelikheid om sy planne te help uitvoer.

LEES OOK: Vervang jou nuwejaarsvoornemens met een woord

En dís ons mantra: “Nie my wil nie, Here; u wil moet geskied. Dis nie my plan nie; dis u plan.”

Die afloop

Ons weet wat hierna in Josef se storie gebeur: Die skure was so vol dat Josef opgehou het om aan te teken hoeveel graan daar was. Toe die hongersnood sy tande wys, het mense van oral gekom om graan in Egipte te koop.

Goeie beplanning red lewens. God is die Groot Beplanner, Hy is ons Toekoms. En Hy maak dit vir ons makliker om vir die toekoms te beplan. Hoe dwaas is dit om sy wysheid te ignoreer!

Wat beplan jy hierdie jaar? Ek hoop dat jy die Here in jou beplanning sal ken. Dat jy Hom sal vra om jou te help om volgens sy wil te beplan.

  • Simone Gauche is ’n mamma en ’n eggenote. Sy is ’n mediese dokter wat in die staatshospitaal op Mosselbaai werk.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF