Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Bewonder jy God?

Dagstukkie 6 April

DEUR RENÉ BADENHORST

Met my besoeke aan Thailand het ek gesien hoe mense hul liefde en respek aan ’n koning bewys. In elke winkel pryk daar ’n foto van die koning teen die muur, so asof hulle ’n stukkie van hom altyd naby hulle wil hê. Met groot afwagting sien hulle daarna uit dat die koning as seremoniemeester by die Boeddhistiese rituele optree. Hoe hy onder meer die belangrike taak het om telkens die smaraggroen Boeddha se kleed te ruil. Só word die verandering van die seisoen aangedui.

Almal maak seker dat hulle niks sê of doen wat die koning kan aanstoot gee nie. Thailand het immers van die strengste wette denkbaar om hul koning se eer te beskerm, en ’n oortreding hiervan kan jou tot vyftien jaar tronkstraf op die hals haal.

 

Ons behoort God ook te vrees. Hy is Koning van die heelal. Die vrees vir Hom is egter nie ’n vrees vir straf nie; dis eerder ’n soort liefdevolle verwondering oor wie Hy is. Dis die vrees dat daar iets kan gebeur wat tot gevolg sal hê dat jy met minder van sy liefdevolle teenwoordigheid oor die weg moet kom.

Jesaja het byna kop verloor toe hy die Here sien. Hoor net: “Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder ’n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige” (Jer 6:5).

Wanneer jy onder die indruk van God se heiligheid kom, word jy verander. Jy word intens bewus van sonde wat jy bloot toegeplak, geïgnoreer of geregverdig het. Dit steek ’n vuur in jou aan. Nou wil jy ten alle koste ontslae raak van enigiets wat Hom nie eer nie. Nee, jy wil nie jou saligheid daarmee verdien nie; jy wil dit doen omdat Hy God is.

Gelowiges kom altyd voor dié vraag te staan: Hoe eer ek God as my Koning?

 Bid saam met my

“Here God, gee my ’n heilige vrees vir U. Help my om U te dien soos U gedien moet word. In Jesus se Naam. Amen.”

No data was found

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF