Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Bokse vol speel en leer!

Speelgoed hoef nie ’n plaas se prys te kos nie, juis ook nie dié wat opvoedkundig van aard is nie. Gebruik sommer allerlei dinge wat daar by die huis rondlê om vir jou kind ’n boks vol aktiwiteite en speletjies bymekaar te maak.

DEUR JUDITH KAMFFER; FOTO\’S DEUR LIZA CRAWLEY EN THINKSTOCK

Anri Buys van Poplap-Uitreike werk hoofsaaklik in Ehrlichpark in Bloemfontein. Sy stel voor dat jy \’n boks met die volgende items vul:

• Kleurpapier • Veltpenne (oftewel “kokipenne”) • Wit droëboontjies • Tou • Gekleurde roomysstokkies • Speelklei • Wasgoedpennetjies • Toiletrolle • Gekleurde strooitjies • Twee of drie houertjies • Plat, ronde items soos muntstukke of proppe

Kleuteraktiwiteite vir hand-oog-koördinasie

Boontjies

Plaas ’n hand vol droë boontjies of jellieboontjies in een van die houertjies. Keer dit dan op die tafel uit. Jou kleuter kan die boontjies een-vir-een met duim en wysvinger optel en in die houertjie terugsit.

Speelklei

Teken eenvoudige vorms met ’n swart pen op kleurpapier. Jou kleuter kan dan met die klei speel en die vorm bo-op die papier naboots. Wanneer jou kind hierdie deel bemeester het, kan hy of sy die vorm ook lángs die papier bou. Om hul fyn motoriese bewegings te oefen, kan die kinders die vorm met pen en papier naboots.

Toiletrolle en strooitjies (of gekleurde roomysstokkies)

Neem vier toiletrolle en verf elkeen ’n ander kleur, of plak ’n kleur daarop. Jou kleuter moet dan die regte kleur strooitjie of roomysstokkie in die gepaste toiletrol plaas.

Wasgoedpennetjies en tou

Maak die tou tussen twee stoele of tussen twee bottels vas, of iewers waar jou kleuter dit maklik kan bykom. Laat die kind dan die pennetjies met sy of haar duim en wysvinger aan die tou vasknyp. Hierdie oefening help met konsentrasie en fynspierkoördinasie.

Tel, al in die rondte

Maak ’n getalwiel deur ’n sirkel uit karton te sny en dit dan met ’n veltpen in ses dele te verdeel. Elke deel kry ’n aantal kolletjies. Maak vir elke deel op die sirkel ’n ooreenstemmende hoeveelheid kolletjies op ’n wasgoedpennetjie. Jou kleuter moet dan die regte pennetjie by die regte deeltjie op die getalwiel pas.

Getalkaarte

Maak ook ’n klompie getalkaarte met kleurpapier en ’n veltpen. Jy kan by getalle onder vyf begin, afhangend van wat gepas is vir jou kind se ouderdom. Plak die kaarte teen die muur, of pak dit op ’n tafel uit en vra jou kleuter om na verskillende getalle te wys. Jy kan jou kind ook later vra om die regte getal te noem as jy daarna wys.

Jý kan help

Maak hierdie boks vir \’n behoeftige ma in jou gemeenskap. Of sommer vir \’n vriendin met \’n kleuter – dit is \’n oulike, goedkoop en praktiese geskenk.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF