Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Die Here se lysie vir ’n gelukkige lewe

DEUR SIMONE GAUCHE

Dit voel my soms dat my lewe besig is om in ’n reeks lysies op te gaan. Daar is ’n lysie vir inpak as ons weggaan – doeke, onderklere, boudsalf, sonblok en muskietweerder. Daar is etlike inkopielysies – toiletpapier, suiker, melk, brood, skottelgoedseep. Daar is letterlik ’n lysie vir alles wat ek moet onthou – inentings, afsprake, swem. ’n Kinderpartytjie (NOTA: Koop ’n geskenk!).

LEES OOK: God se genade is groot. Kyk net op!

Soms is die lysie in my dagboek. Ander kere op die kalender op my werktafel. Dikwels op ’n stukkie papier wat die naaste aan my pen is. En partykeer in meer as een kleur omdat die skryfding intussen verlê is. Wanneer ek iewers afstof, ontdek ek soms ’n ou lysie – angstige, handgeskrewe notatjies in potlood of pen. Met regmerkies langsaan vir wat ek onthou het.

Sommige van dié lysies herinner my egter ook aan die geleenthede toe dinge nie volgens plan verloop het nie. Daar is nie regmerkies gemaak nie … Daar was die keer toe ons langs ’n rivier gekamp het en ek vergeet het om die kinders met muskietweerder te spuit. Die dag toe dit bewolk was en ek die sonblok vergeet het. Die dag tydens die Covid-19- pandemie toe die toiletpapier uitverkoop was. Die keer toe ek vergeet het van die kinders se inentingsafspraak.

’n Bybelse lysie vir geluk

Dis my voorliefde vir lysies wat my tot stilstand gebring het toe ek so ’n lysie in Deuteronomium in die Bybel ontdek het. Die opskrif lui: Voorwaardes vir ’n gelukkige lewe. En toe ek boonop sien dié lysie handel oor ’n gelukkige lewe, het ek eensklaps regop gesit. Want ons almal soek na geluk. Blaai deur enige tydskrif en jy sien opskrifte soos: “Tien sleutels vir ’n gelukkige lewe.” Of: “Hoe om gelukkige kinders groot te maak.” Of: “Hoe om geluk in die werkplek te vind.” Geluk, en die soeke of strewe daarna, is dikwels die onderwerp van menige kletsprogram op die radio of televisie. Dis ook ’n gewilde fliektema.

En hier is ’n lysie in die Bybel, én dit bevat ’n resep vir geluk. Dis geen wonder dit het my aandag getrek nie!

  1. Jy moet ontsag hê vir die Here en Hom alleen aanbid en eer.
  2. Jy moet God liefhê en Hom met hart en siel dien.
  3. Jy moet sy gebooie en voorskrifte gehoorsaam en die pad volg wat Hy jou aanwys.
  4. Jy moet ander mense liefhê – nie slegs jou hartsmense nie, maar ook vreemdelinge, randfigure en buitestanders.

My ervaring met lysies oor die jare heen is dat hoe meer jy die lysie gebruik, hoe beter onthou jy alles daarop. Later het jy dit eintlik nie meer nodig nie. Maar ek gooi nie die lysie weg nie. Ek weet dis daar om te raadpleeg as ek onseker is.

My wens vir jou is dat jy die voorwaardes vir ’n gelukkige lewe op jou hart sal neerskryf. Doen dit met ’n pen waarvan die ink nie kan uitwas nie. Raadpleeg hierdie lysie gereeld – en weet dat die regmerkies mettertyd ál makliker hul verskyning sal maak.

  • Simone Gauche is ’n mamma met twee seuntjies, sy is ’n huweliksmaat en ’n mediese dokter wat in Mosselbaai-hospitaal werk.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF