Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

#dontstopbelieving: Mark Pilgrim kyk verby hospitaalmure

DEUR CONETTE LE ROUX; FOTO: FACEBOOK

Die bekende radiopersoonlikheid Mark Pilgrim het die afgelope ruk ’n simbool van hoop vir talle Suid-Afrikaners geword. Dit het dalk iets te doen met die feit dat hy seker die moeilikste tyd van sy lewe, sy longkankerstryd, met soveel eerlikheid op sosiale media met sy volgelinge deel.

Net op Instagram volg en bemoedig 78 400 mense hom en op sy Facebookblad is daar sowat 44 000 volgelinge.

Een van dié volgelinge, Chantell Nell-Marais, skryf: “Jy is braaf. En jy het ’n ware baken van hoop geword. Ek bid vir die klein treë …” Chantell het toevallig haar getuienis met LiG gedeel nadat haar man in 2021 aan Covid-19 in haar arms gesterf het.

Op dieselfde Facebookplasing het 49 000  mense gereageer, 10 000 mense het kommentaar gelewer en 598 mense, wat Mark volg, sy plasing gedeel.

Die inspirasie wat die publiek uit Mark se plasings put, het my laat besef watter waardevolle lesse hy met elke stukkie kommunikasie deel.

Moet nooit moed opgee nie

Ten spyte daarvan dat Mark maande lank in die hospitaal deurbring en verskeie terugslae tans beleef, bly hy positief en eindig die meeste van sy plasings met die hutsmerk #dontstopbelieving.

Wees altyd eg

Op 8 Januarie het Mark geskryf: “Ek glimlag op baie foto’s, maar daar is ook oomblikke ná ’n hewige hoesbui en naar word dat ek so uitgeput is en ’n oomblik nodig het om te herstel. Dit gaan daaroor om daardie oomblikke te erken … en dan weer op te staan.”

Mark deel \’n foto van \’n moeilike oomblik. Foto: Facebook

Jou geliefdes is kosbaar

Mark se “rots”, sy verloofde Adrienne Watkins, en sy twee dogters Tayla-Jean and Alyssa, maak gereeld ’n verskyning in sy plasings. Meestal omdat hy so dankbaar is vir hulle en hulle liefde. Laasjaar op Oukersaand het Mark vanuit sy hospitaalkamer geskryf: “Dit sou lekker gewees het om tuis te wees. Maar dit is belangriker saam met wie jy dit (Kersfees) spandeer.” By die plasing was ’n foto van Adrienne en sy twee dogters op die hospitaalvloer langs sy bed besig om aan ’n Kersmaaltyd te smul.

Jy moet verder as jou swaarkry kan sien

Dit bly vir my verstommend hoe skrywer en sielkundige Viktor Frankl twee jaar lank in die haglike omstandighede van ’n Duitse konsentrasiekamp kon oorleef. In sy boek Man’s search for meaning vertel hy dat dit nooit ’n kwessie was van die sterkstes wat oorleef het nie. Volgens hom was een van die redes vir oorlewing wanneer jy die vermoë om “deur die draad” te sien, behou het. Om ten spyte daarvan dat jy seker die onmenslikste omstandighede ervaar, jy steeds na iets uitsien anderkant die draad. Vir Frankl was dit die hoop dat hy eendag ’n voorbeeld vir ander sal kan wees en hulle sal kan help om hulleself persoonlik te verbeter.

Mark het in ’n onlangse plasing ’n beeld geskep van wat hy anderkant die hospitaalmure sien: “Ek het steeds die einddoel in sig waar ek, Adrienne en die dogters op die strand stap met ons toekomstige Golden Retriever …”

  • Conette le Roux is lig.co.za se webredakteur.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF