Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Huil maar!

12 April 2021


DEUR MILANIE VOSLOO

Ek is só bly Jesus kon huil, en dat die Woord ons op ’n paar plekke daarvan vertel. Want sodoende weet ek, en kan jy weet, dat Hy menswees regtig ken. Hy verstaan die diep seerkry-huil wanneer iemand na aan ons gesterf het, soos toe sy vriend Lasarus gesterf het.* Hy verstaan die magteloos-huil oor ons stukkende wêreld en die baie mense wat nog nie sy liefde ingedrink het nie.**

En Hy kniel saam met ons in tye wanneer ons bang en angstig is oor die Golgotas in ons eie lewe.*** Daar in sy doodsangs het sy Vader Hom gehoor, Hom nie gered van die pyn wat voorgelê het nie, maar in sy genade Jesus se vrees vir die dood weggeneem.

LEES OOK: Jy val nooit uit sy hand nie

Omdat Jesus jou huil ken, kan Hy vir jou by sy Vader intree. En kan Hy vir jou pleit wanneer jy nie kan bid nie, wanneer jy nie woorde het nie en bloot magteloos na Hom opkyk. ****

Onthou vandag: Jou Here was ’n mens. ’n Mens wat elkeen van jou emosies ervaar het en daarom ’n diepe deernis en empatie met jou het. Gaan sit daarom, met én sonder jou trane-tissues, gereeld by Hom en weet dat Hy jou ken. Hy ken jou hart. En Hy het jou baie, baie lief.

*Joh 11:33-44

**Luk 19:41-42

***Matt 26:36-38

****Heb 5:7

Heilige Here,
wanneer ek onthou
hoe mens U was en
besef hoe God U is,
word my hart tegelyk week
en sterk.

Week oor u sagte verstaan-liefde
en dapper-sterk in die wete
dat U God bly.
God wat my lewe,
omstandighede en elke naakte emosie ken.
En daarom weet wat ek
wanneer nodig het.
Ook nou.
Ek eer U!

  • Milanie Vosloo is passievol daaroor dat gelowiges gereeld in die Gees en die Woord moet stil word. Sy is die skrywer van verskeie topverkoper geestelike boeke en sakevrou met haar eie reklame-agentskap.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF