Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Ivermektien vir Covid-19: ‘Tyd sal leer’

Dokters sal binnekort ivermektien vir mense met Covid-19 kan voorskryf. Dit kom nadat Suid-Afrika se Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) die produk op 27 Januarie 2021 onder beheerde toegang goedgekeur het. CONETTE LE ROUX het dr Maureen Fourie, ’n algemene praktisyn van Wellington, hieroor uitgevra.

Conette le Roux (CL): Wat presies is ivermektien?

Dr Maureen Fourie (MF): Ivermektien is ’n antiparasitiese middel wat in diere en mense teen sekere parasietspesies gebruik word. Goed soos kopluise, brandsiekte, filiriase en ander rare parasiet-infeksies. Dit word al jare vir hierdie simptome gebruik, sonder gereelde en gevaarlike newe-effekte.

CL: Hoekom en hoe werk dit?

MF: Daar word deur verskeie kenners beweer dat dit ’n antivirale werking teen Covid-19 het en sodoende gebruik kan word as profilakse om te voorkom dat jy Covid-19 kry. Dit kan ook glo as behandeling vir Covid-19 werk. Die middel is anti-parasities én daarom anti-inflammatories. Daarom blyk dit ook om teen hierdie virus te werk. Die presiese meganisme is nog nie bekend nie. Volgens die regulerende owerhede in Suid-Afrika is daar nog nie genoeg bewyse dat die middel teen Covid-19 werk nie, en daarom is dit nog nie deel van huidige Covid-19-protokolle by buitepasiënte of in hospitale nie. Gister (27 Januarie) het Suid-Afrika se regulerende owerheid (Sahpra) wel gesê hulle gaan binne die volgende paar dae bekend maak in watter situasies en in watter hoeveelhede ons die middel in Suid-Afrika teen Covid-19 sal kan gebruik.

LEES OOK: Watter Covid-16-entstof sal jy kies (as jy ’n keuse het)?

CL: Mag dit slegs deur dokters voorgeskryf word? 

MF: In hierdie stadium mag ’n dokter dit nie wettiglik voorskryf vir profilakse of behandeling van Covid-19 nie, aangesien dit nie in Suid-Afrika geregistreer is om teen hierdie siekte te gebruik nie. Indien jy dit tans vir Covid-19 aan jou pasiënte voorskryf, kan jy vervolg word deur die mediese raad. Let wel dat dit binne die volgende week of twee mag verander, aangesien ons regulerende owerheid gister aangekondig het dat hulle besig is om hulle standpunt oor hierdie middel te verander.

CL: Daar is ook vrese rondom die oordosering van ivermektien? Is dit hoekom Sahpra so lank geneem het om dit goed te keur?

MF: Die “korrekte” dosis vir Covid-19 is nog nie bekend nie, aangesien ons nog nie genoeg data het nie. Daarom drink mense nou doserings wat hulle self op die internet naslaan, en sien ons nou baie oordoserings. Binne die volgende twee weke sal ons hopelik meer leiding hê ten opsigte van ‘n veilige dosis vir Covid-19. Sahpra meen egter dat daar nog nie genoeg bewyse is dat hierdie omstrede middel werk nie, en wag vir verdere navorsing om bekend gemaak te word.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF

Kry
LiG

Jou daaglikse inspirasievennoot.

Die LiG-app is nou beskikbaar vir jou selfoon. Installeer dit vandag nog.