Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Jy val nooit uit sy hand nie

29 Maart 2021


DEUR MILANIE VOSLOO

Wanneer iets of iemand jou wêreld onderstebo skop, voel dit soms of jy eenvoudig wil bly lê. Jy voel vuisvoos. Kragteloos. Leweloos.

LEES OOK: Hartsbegeertes

Dis dan wanneer jy wonder wie jou uit hierdie situasie kan optel. En waar God dan is. Nou, in dié tyd.

Die antwoord is: Hy is daar! Hy is presies daar waar jy nou platgeslaan lê. Daar waar jy nie die moed het om op te staan nie, waar jy uitsigloos lê, geen toekoms sien nie.

Dis waar Hy is, daar by jou, in jou. Want jy is sy geliefde kind. Jy is die een wat Hy gevorm het, wat Hy deur die jare gelei het, wat Hy tydens vorige krisisse vasgehou het. Hy weet presies hoe jy voel.

God is steeds in hierdie wêreld, hoe stukkend dit ook al is. En Hy is steeds in jou, hoe gebroke jy ook al mag wees.

Ek bid jou vandag Paulus se woorde aan Timoteus toe: “Mag God ons Vader en Jesus ons Here aan jou genade, ontferming en vrede gee” (2 Tim 1:2).

 Ewige Vangnet

Soms lê ek plat op die grond, Here!
So omgeslaan dat ek net nie weer wil
opstaan nie.
Nie langer kan opkyk nie.

Dankie dat ek in sulke tye
kan onthou dat
ek maar kan val,
omdat ek altyd in u hand sal val.
Altyd iewers sal beleef
dat U my toe nooit gelos het nie.
Want U kan nie
u kinders los nie.
U is immers God.
My Here en my God.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF