Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Klere, en keuses

Daar word beweer dat die moderne mens ongeveer 35 000 besluite per dag neem. Dit is glo een van die redes waarom die suksesvolle Mark Zuckerberg van
Facebook elke dag dieselfde soort uitrusting dra. Ook wyle Steve Jobs, Apple-ikoon, het elke dag op dieselfde manier as die vorige dag aangetrek.
Dit, het hulle gesê, verminder die aantal keuses wat hulle moet maak. En dit bring mee dat hul verstand helder en gereed is om ander, belangriker besluite te neem.

Wanneer ek voor my klerekas staan en die bonte verskeidenheid uitrustings so bekyk, is ek gewoonlik baie dankbaar dat ek nie elke dag ’n swart polonek-trui en ’n denim hoef aan te trek nie. Daarvoor het die Here darem net te veel patroon en kleur geskep!
Maar die moontlikheid om elke dag dieselfde soort uitrusting aan te trek sodat daar meer breinkrag beskikbaar is vir belangriker en vinniger keuses, het my al ’n tydjie aan die wonder. Veral toe ek onlangs weer die verhaal in Sagaria 3 lees, oor Jesua die hoëpriester wat met “liederlike vuil klere” voor die engel van die Here verskyn het. Die engel se helpers is beveel om dié vuil klere uit te trek, en die engel van die Here sê toe vir Jesua: “Ek het jou jou oortredings vergewe en Ek gaan vir jou skoon klere aantrek.”
Ek lees ook in Openbaring 3:5 van klere wat nie besoedel is nie. Daar staan: “Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor sy engele verklaar dat hy aan My behoort.”
As ek dan ook ’n slag voor my geestelike klerekas staan, wil ek niks anders as daardie wit klere aanhê nie – Jesus het tog ook vir my kom sterf en my met sy bloed gekoop sodat ek vir ewig aan Hom behoort. Sodat ek daardie wit klere kan hê, skoongewas. Vrygespreek van die dinge wat ek soveel kere op allerlei afdraai­paadjies aanvang.
Daardie wit klere wat elke dag myne is om te dra, is Jesus se genade-geskenk aan my. Dit is ’n teken dat ek deel het aan sy oorwinning, al beteken dit ook dat ek deel aan sy lyding het. Dit is ’n waarborg dat ek deel aan sy koninkryk het, aan sy liefde vir mense, aan sy vrede en voorsienigheid en aan ’n blywende blydskap.
As ek tog maar elke dag kon gló dat dit ook myne is … Dan sal my hart dalk helder en oop genoeg wees om goeie keuses te maak. En dalk sal allerhande bekommernisse my nie so knaend beetpak nie.
Dalk sou ek dan ook nie so gereeld wonder of ek goed genoeg, mooi genoeg, kosbaar genoeg is nie. En miskien sou ek die wag voor my mond dan beter kon beheer.

Miskien het Zuckerberg en Jobs tog ’n punt beet. As ons elke dag daardie een uitrusting aantrek wat Jesus vir ons aan die kruis gekoop het, sal ons helder en gereed wees om sy liefde en lig in hierdie lewe te bring.
Dit is juis met Paasfees dat ek aan my kosbare klere herinner word. Dit is juis nou dat ek sien hoe eenvoudig die keuse is, hoe voor die hand liggend, elke dag.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF