Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Leef ligter-luisterreeks: God se veerligte vrede

DEUR MILANIE VOSLOO

In dié splinternuwe luisterreeks wil Milanie gelowiges aanmoedig om in 2022 ligter te leef. Onderneem gerus vanjaar dié Luisterreeks na ’n gewiglose vrede saam met God.

Ek hoop jy het die emosionele en geestelike gewig wat jy laasweek voor jou Verlosser uitgepak het, nie weer opgetel nie.

LUISTER:

LEES gerus weer Miga 17:18-19 as jy steeds skuldgevoel-klippe saamdra.

God gooi ons belyde skuld in die diepte van die see en dan ly hy aan geheueverlies daaroor!

As God ons só onvoorwaardelik vergewe, kán ek en jy onsself en ander met groter ruimte vergeef.

LUISTER OOK: Leef ligter-luisterreeks: Probeer vanjaar dié gewigverliesprogram

Ons weet dit en tog … Vergifnis lyk altyd so maklik as ons dit wil hê. Maar dis so vrek moeilik as ons dit moet gee.

Daarom dra ons eerder die gewig van onvergifnis saam met ons en kies ons dat dit ons gemoed swaar maak.

Vergifnis beteken nie dat ek ontken dat dit gebeur het nie, maar erken ek dit en kies om dit vir God te gee.

Die nare waarheid is as ons nie kan vergewe nie, dra óns dit gebukkend saam.

LUISTER OOK: Leef ligter-luisterreeks: Lê jou skuldgevoelens voor die kruis neer

Dink vandag oor twee dinge:

  1. Waarvoor moet jy jouself vergewe? Gee dit met oop hande vir jou Verlosser. Laat toe dat hy daardie las van jou af wegneem.
  2. Wie het jy nog nie vergewe nie? Dalk iemand wat iets van jou weggeneem het, jou lewe verwoes het of jou so diep seergemaak het? Vra die Gees om die klip van onvergifnis uit jou hart weg te neem.

GEBED: Here, ek erken dat dit nie so maklik is om te vergewe nie. Nie myself nie, en ook nie ander nie. Help my om vandag te onthou dat U wat ons Verlosser is, elkeen van ons se sonde lankal in die diepte van die see gegooi het omdat U aan ons u vredelig wil gee. Kom, Heilige Gees, neem asseblief my onvergifnis weg sodat ek gewigloos in u liefde kan jubel. Veerlig in U kan leef. Gelukkig kan wees. Amen.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF