Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Leef ligter-luisterreeks: Christus het gekom omdat Hy weet hoe maklik ons struikel

DEUR MILANIE VOSLOO

Jy weet dat Christus aarde toe gekom het, gesterf het en opgestaan het. Jy wéét dit, maar wat beteken hierdie historiese gebeure vir jou? Het jy dit al jou eie gemaak?

Christus het gekom om die wêreld te red, ja, Maar weet jy dat Hy, al was jy die enigste mens op aarde, sou gekom het om jóú te red? Dat Hy aan die kruis sou hang, al was dit net vir jou?

Besef jy hoe ontsettend lief God jou het en hoe graag Hy jou altyd by Hom wil hê? Hoe Hy jou gereeld daaraan herinner dat sy Seun vir jou gesterf het, en dat Hy ook vir jou opgestaan het?

LUISTER

Die wonder is dat ons Here wat opgestaan het daarmee ons lewe totaal verander het. Ja, die opstanding is juis die simbool van wat geloof regtig beteken. Geloof beteken dat ek en jy elke oggend met nuwe genade kan opstaan. Die beteken dat ons Here elke dag nuut met ons begin, dat Hy nuwe moed, krag, hoop en verwagting aan ons gee. Dat gister vir Hom verby is, dat ek en jy vandag lig en vol vreugde kan leef.

LEES OOK: Leef ligter-luisterreeks: Kyk met God se oë

Geloof beteken dat ons Hom in ons het, by ons het en dat ons elke dag met die wete kan leef dat ons Here nooit met ons moed opgee nie. Hy tel ons elke keer weer op, neem ons aan die hand en lei ons op die pad van heiligmaking, na ’n intense saamleef met Hom.

Ons Vader ken ons menslikheid. Hy weet hoe maklik ons val en struikel. Dis waarom Hy sy Seun gestuur het, waarom Hy gesterf het, waarom Hy uit die dood opgestaan het.

Mag jy in hierdie dae God se oneindige liefde vir jou in al die fasette van jou lewe ervaar. Dat Hy saam met jou reis, dag ná dag, en ongeag.

Gebed

Here, daar was ’n Vrydag – ’n Vrydag toe alles donker geword het, toe u bloed gevloei het, toe U vir my gesterf het. Toe was daar ’n Sondag – ’n Sondag toe U opgestaan het, toe U weer gesê het dat U die dood oorwin het. En dat ek en my familie en my gesin, en die wêreld, juis daarom met nuwe genade, nuwe hoop, nuwe vreugde kan leef. Here, ek wil in hierdie tyd weer u teenwoordigheid in my lewe ervaar, diep bewus van u intense liefde vir my. Ek wil U omhels, vir U dankie sê, U loof en prys. Ja, Here, ek wil stil word in u liefde vir my. Ek wil U wat groot en heilig is, ontvang. En dan, Here, wil ek as ’n nuwe mens gaan leef. ’n Nuwe mens, vervul met u Gees, vervul met u liefde. Ek wil hierdie genade gaan aangee aan ’n wêreld wat honger is na u liefde. Help my asseblief daarmee. AMEN

  • In dié nuwe luisterreeks wil Milanie Vosloo gelowiges aanmoedig om in 2022 ligter te leef.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF