Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Leef ligter-luisterreeks: Probeer vanjaar dié gewigverliesprogram

Leef ligter-luisterreeks

MILANIE VOSLOO is ’n skrywer van geestelike boeke, ’n motiveringspreker en ’n sakevrou. In dié splinternuwe luisterreeks wil sy gelowiges aanmoedig om in 2022 ligter te leef. Onderneem gerus vanjaar ’n gewigverliesprogram saam met die Vader.

Navorsers sê: “Om gewig te verloor, is steeds mense regoor die wêreld se vernaamste voorneme vir ’n nuwe jaar.”

Inderdaad: Die meeste mense het ’n behoefte daaraan om die skaal te klop. Maar weet jy ooit wat jou siel en gees weeg? Weet jy hoe swaar jou hart is, en waarom?

Pak dus gerus vanjaar ’n andersoortige gewigverliesprogram aan, een wat jy saam met jou Vader onderneem. Onthou wat Jesus gesê het: “My juk is sag en my las is lig” (Matt 11:30).

LUISTER HIER:

Gebruik die volgende wenke om ligter te leef:

  • Doen vanjaar minder, en wees meer.

    Geestelike skrywer, spreker en sakevrou Milanie Vosloo.
  • Maak vrede daarmee dat niksdoen-tye en rustye God se geskenk aan ons is. Dis juis in dié tye dat die Gees met ons hart werk. Dis in dié tye dat ons wysheid verkry.
  • Tyd om stil te word en tyd om asem te skep is belangrike afsprake in jou dagboek. Sorg dat daar langnaweke en verlof in jou dagboek aangeteken word. Tye om te gaan “wees”, om te rus. Om weer ’n keer mens te wees.
  • Kyk en leef ’n slag die lewe raak. Leef eenvoud uit, en sien die wonder van die klein dingetjies raak – iets so eenvoudig soos ’n doudruppel op ’n grasspriet. Drink dit bewustelik in. Dit sal jou op ’n nuwe manier vreugde gee, en dit sal jou met ’n nuwe soort dankbaarheid help.
  • Bring minder tyd op sosiale media deur; verkeer sosiaal met God en met jouself.
  • Sien die mense om jou raak. Praat met hulle. Gesels sonder jou selfoon in die hand.

* Luister aanstaande Donderdag (10 Februarie) verder na die volgende aflewering van ons Geestelike Gewigverliesprogram.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF