Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Leef ligter-luisterreeks: Wanneer die ‘Kry nog, wees nog, betaal nog!’ jou oorweldig

DEUR MILANIE VOSLOO

Hoeveel sal jy betaal vir jou gesondheid of om al jou ledemate te behou? Watter bedrag sal jy bereid wees om te betaal vir die behoud van goeie verhoudings met jou lewensmaat, jou gesinslede, jou goeie vriende? Wat sal jy betaal om dit te hê wat jy vandag het?

LUISTER:

Sonder om twee keer te dink, sal jy waarskynlik sê, alles wat ek het!

Hierdie dinge is vir my so kosbaar dat daar nie ’n prys aan gekoppel kan word nie. Dit beteken dus dat jy skatryk is. Dat jy ongeag alles wat jy nie het nie, steeds soveel wonderlike geskenke uit God se hand in jou besit het waarvoor jy dankbaar kan wees. Daar is eenvoudig soveel gewone dinge in jou lewe wat aan jou vreugde kan verskaf, elke dag.

LEES OOK: Leef ligter-luisterreeks: Waarom dink jy is jy hier?

Niks hiervan is nuus nie, ons weet dit maar te goed. Tog laat ons so dikwels toe dat die wêreld, sy mense, ons probleme, ons bekommernisse en ons uitdagings ons vreugde steel. Meer as dit, hoor ons mos net elke dag: Kry nog, wees nog, betaal nog. Gou-gou begin ons glo dat ons eers baie goed nóg moet versamel, voordat ons gelukkig en tevrede kan wees.

Op hierdie manier gaan die voordiehandliggende goeie en mooi dinge ongemerk by ons verby. Kyk ons eenvoudig die vreugdevoorreg van ’n oorvloedige lewe mis. Om elke dag met dankbaarheid te omhels, om die lig wat oor jou skyn raak te sien en dit bewustelik in te drink, vra deurlopende oefening. Ja, ons moet dit doelbewus doen. Dis ’n gewoonte waaraan ons onsself keer op keer moet herinner, veral wanneer ons onvergenoegd, ongelukkig en ontevrede voel oor die lewe.

Dankbaarheid, sê Brian McClaren, is ’n geestelike gewoonte wat sy vuis teen die wêreld se malligheid lig. Daardie uitgestrekte arm reik terselfdertyd uit na God. Wat hy daarmee sê is dat wanneer ons ons oë afhaal van die kunsmatige wêreld om ons wat uitskree dat ons net nog en nog moet hê en die kosbare dinge regtig raaksien, dan ervaar ons iets anders. Dan ervaar ons dat ons diep dankbaar is teenoor ’n God wat eintlik so baie vir ons gee dat ons so baie nog oor het om voor dankbaar te wees. Ons word dan weer stil-tevrede in onsself en met ons omstandighede.

LEES OOK: Leef ligter-luisterreeks: Christus het gekom omdat Hy weet hoe maklik ons struikel

Kom ek en jy kniel sommer net weer vandag en sê opnuut dankie vir alles wat ons het, alles wat ons lewe eintlik so skatryk maak. Kom ons wees weer dankbaar vir die gewone vanselfsprekende dinge, vir die mense rondom ons, vir lewe, vir God in ons. Kom ons wees vandag skatryk-dankbaar.

Gebed

Here, ek erken vandag, ek sien nie meer die vroegoggendstrale nie, ek hoor nie meer die koer van die duiwe nie, ek waardeer nie meer die mense rondom my nie, omdat ek so gefokus is op die spinnerakke in my solders en die leë plekke in my hart. Dít terwyl die spens van my siel volgepak is met alledaagse lewensvreugdes, gewone menswees-lekkertes en bottels vol ingelegde voorregte, Here. Ek bid vandag, maak my hartshuis se naam weer Dankbaar. Sodat ek soggens met verwagting die dag sal groet, heeldag u seën sal soek en saans sal tuiskom by ’n duisend-dankie-Here-vredes. Here, help my om gedurig te sing. Dankie, Here, vir soveel redes. AMEN

  • In dié nuwe luisterreeks wil Milanie Vosloo gelowiges aanmoedig om in 2022 ligter te leef.

Projek 108

Ons wil ‘n dringende beroep op medegelowiges doen om ons te help om die Evangelie te versprei – voordat dit te laat is. Jou donasie kan iemand se storie herskryf – nou en hierna…

Hulle Wag

Ons kan die rede wees dat iemand vir die eerste keer vir Jesus leer ken…

Kinderpret-leesreeks

Beleef ‘n avontuurlike leesreis met ons Kinderpret-leesreeks! Vir jong lesers, elke boekie vol pret en leersame avonture…

Kinders van die Lig

Gee geloof en hoop aan kinders deur geloofsboeke in kinders se hande te plaas…

Laat ‘n Ligspoor

Help ons om die boodskap van lig uit te dra en verander kinders se lewens deur die krag van stories…

BybelBouBlokke

Bou saam aan ‘n geestelike toekoms deur die geloof van kinders, gesinne, en lidmate te versterk…

KinderKersKous

Gee ’n geskenk van hoop aan kinders deur hulle lees-met-begrip-vermoë te bevorder en hul geestelike ontwikkeling te ondersteun…

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF