Deel jou getuienis
Klik Hier
TEKEN IN OP LIG-TYDSKRIF
Lees Meer
Previous slide
Next slide
Search

Medaljes van hoop

MILANIE VOSLOO

Die Olimpiese Spele van 2021 het tydens ’n taamlike donker tyd in Suid-Afrika plaasgevind. Afgesien van Covid, het dit gevoel of korrupsie, misdaad, wanbestuur en opstande, waardeur mense miljoene verloor, die oorhand kry. Ons wou almal weer hoop. Daarom was dit vir ons so opwindend en lekker om ’n paar medaljewenners by die Spele te hê. Dit was asof die lekkerte van goeie en opbouende nuus weer ’n stuk gedeelde blydskap in ons wakker gemaak het.

Dit is nou ’n paar weke later. En steeds hoop ons elke dag op ’n beter môre, smag ons na stories van hoop en vreugde-gee-nuus.

LEES OOK: God wil náby aan jou leef

Miskien moet ons onthou dat ons nie die aard van die nuus kan bepaal nie, maar dat ons sélf mense van hoop kan wees. Dat ek en jy die mense kan wees wat goeie stories laat gebeur. Dalk met ons vriendelikheid, bedagsaamheid, begrip vir ander, vergifnis, ’n opbouende boodskap aan iemand of ’n opregte omgee-daad. Maar dalk ook net deur die manier hoe ons leef. Hoe ons probeer om goddelike lig op die donkerste prentjies te laat skyn.

Ek en jy kan medaljewenners van hoop wees. Ons kan, daar waar ons elke dag leef, iets vertel van ’n God wat die wedloop van die lewe reeds vir ons gewen het. Kom ons doen dit vandag!

Hoofopskrif-mens

Here, ons smag na
goedvoel-stories.
Na gebeure, nuus en mense
wat aan ons hoop bring.
En dan gebeur dit nie altyd nie.

Vandag besef ek dat ék hoofopskrifte van hoop kan skryf.
Dat ek, hier waar ek elke dag leef,
iets van u goedheid, genade en liefde kan aangee.
Dat ek my wedloop van die lewe so kan hardloop,
dat ander U sal sien.
En sal weet:
Daar is ’n God.
’n God van Hoop!

Skrif:

“Die regverdiges begeer die goeie” – Spreuke 11:23.

LEES OOK: Moenie moed opgee met mense nie

  • Milanie Vosloo is die eienaar van ’n bemarkingsmaatskappy, topverkoperskrywer van geestelike boeke en ’n gereelde rubriekskrywer in LiG.

Verwante Artikels

ONTVANG LIG SE GRATIS NUUSBRIEF